Nederburg se beste pronk by 2012-veiling
Michelle van der Spuy
’n Edellaatoeswyn wat as een van die wêreld se tien beste dessertwyne aangewys is, is een van die Private Bin-wyne wat vir vanjaar se Nederburg-veiling voorgelê is. Wyne ouer as 30 jaar, soepel rooiwyne in hul tienerjare en ouer witwyne kom onder die hamer. Volledige berig.

Durbanville Hills se chardonnay onder beste 10 wyne in wêreld
Die Durbanville Hills Rhinofields Chardonnay van 2010 is aangewys as een van die top 10 chardonnays op die 19de jaarlikse Chardonnay du Monde in Boergondië, Frankryk. Lees meer

Wosa-baas een van bekendste SA-wynvroue 
Twee Suid-Afrikaners verskyn in ’n internasionale navorsingsmaatskappy se kortlys van die invloedrykste wynfigure ter wêreld die afgelope dekade. Wine Intelligence, die Britse markinligtingsmaatskappy wat wynprodusente wêreldwyd oor handelsmerke en strategie adviseer, het ter viering van sy tiende bestaansjaar ’n lys opgestel wat hy “10 vir 10” noem. Sowel Su Birch, die uitvoerende hoof van Wines of South Africa, as Lynne Sherriff MW, die voorsitter van die Institute of Masters of Wine in Londen, verskyn in sy lys van 30 genomineerdes.
Volledige berig. 

Distell se bedryfswins styg met 22.4%
Goeie stygings in wêreldwye verkope en ’n gunstiger wisselkoers het gehelp om Distell se bedryfswins vir die ses maande tot 31 Desember 2011 met 22,4% teenoor die vorige jaar te verbeter. Volledige berig.

Spatz Sperling vereer met gesogte 1659-wyntoekenning

Spatz Sperling, eienaar van Delheim-landgoed buite Stellenbosch, is op 2 Februarie met die gesogte 1659-erepenning vereer vir sy lewenslange bydrae ter bevordering van die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die eerste wyn is op dié dag in 1659 in Suid-Afrika gemaak en hierdie wyntoekenning is so genoem om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te herdenk. Lees verder

Liefde vier hoogty op Waterkloof met Valentynsdag
Die Waterkloof-wynlangoed buite Somerset-Wes bied hierdie Valentynsdag weer ‘n spesiale spyskaart aan verliefdes en ander wat die dag saam wil geniet.
 Dalk is dit die dag waarop jou ridder op sy witperd sy verskyning gaan maak. Lees die res.

Groter 2012-wyndruifoes verwag
Die wynbedryf is positief dat vanjaar se goeie groeiseisoen ’n groter oes sal oplewer, ondanks ʼn krimpende wingerdstand in die jongste jare. Dít volgens VinPro se wingerdkonsultante in ʼn voorlopige Seisoensoorsig en Oesverwagting-verslag wat in samewerking met Sawis uitgereik is. Met ʼn koue winter en matige na warm lenteseisoen agter die rug, en goeie, egalige uitbot, is VinPro se span streekswingerdkundiges optimisties dat die oes groter as die 2011-oes gaan wees. Opbrengste van tussen 5 en 10% hoër as die 2011-oes word voorspel. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Durbanville Wynvallei se wit juweel skitter weer
Die geskiktheid van die Durbanville Wynvallei vir die produksie van uitstaande  sauvignon blanc, is weer bevestig toe verskeie wyne in twee kompetisies baie goed gevaar het. Wyne van die Durbanville-streek het erkenning verwerf in die FNB Top 10 Sauvignon Blanc Toekennings en Bartho Eksteen Sauvignon Blanc Celebration. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Suksesvolle jaar  vir Bon Courage
Bon Courage het ‘n baie suksesvolle jaar beleef en nie minder nie as 22 vooraanstaande  toekennings oor sy wye reeks wyne, wynstyle en pryspunte los geslaan op ‘n verskeidenheid nasionale wynkompetisies. Twee dubbelgoud, vyf goud by Veritas, drie goud by Michelangelo, drie diamant-toekennings by Winemakers’ Choice Awards en nasionale wenner by SA Terroir-wyntoekennings. Volledige berig.

Windmeul Kelder boer hoog vooruit
Die afgelope jare se suksesverhaal van Windmeul Kelder in die Agter-Paarl duur voort nadat hierdie kelder in 2011 soos verlede jaar weer hoog uitgestaan het as een van Suid-Afrika se top presteerders. Windmeul is vir die tweede jaar agtereenvolgens by die Winemakers’ Choice Wynkompetisie as die Top Produsent in SA aangewys en het die Trofee vir die Top Rooiwyn opgelewer. Windmeul het ook vir die SA Kampioen Cabernet gesorg. Volledige berig.

Altydgedacht se nuutste oesjare in nuwe verpakking
Die Parkers van die geskiedkundige landgoed Altydgedacht (wat “altyd in die gedagte” of “altyd nadenkend” beteken) stel die jongste oesjare van hul wyne bekend, die Altydgedacht Gewürztraminer 2011, Altydgedacht Barbera 2010 en die Altydgedacht Sauvignon Blanc 2011, ‘n dubbelgoud-wenner by Michelangelo Internasionale Wyntoekennings.
Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Die 2012 Platter-gids is op die rak
Met meer as 7 000 Suid-Afrikaanse wyne verteenwoordig in die omvattende Platter’s South African Wine Guide 2012,kan hierdie gesaghebbende wynpublikasie met reg as die wynliefhebber se “sat-nav” beskryf word, ‘n gids wat jou ‘n magdom beskikbare handelsmerke bring. Platter’s, wat reeds sedert 1980 uitgegee word, is die oorspronklike gids oor wie’s wie en wat. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Distell-brandewyn praat in New York
Distell is by die 2011 New York International Spirits Competition as Distilleerdery van die Jaar vereer, en het die enigste dubbelgoue medalje gewen. Dit was die maatskappy se eerste deelname aan dié geleentheid, wat meer as 300 inskrywings van 30 lande gelok het. Die dubbelgoud is toegeken aan Oude Meester Souverein, ’n versnit van Savalle-potketelbrandewyne wat 18 jaar en langer in Franse eikehout verouder is. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Two Oceans kry 'n hupstoot in VSA
Die Suid-Afrikaanse wynhandelsmerk Two Oceans vaar tans nie net beter as sy mededingers in die sektor vir ingevoerde wyn in die VSA nie, maar het pas ’n hupstoot gekry deurdat die vooraanstaande Four Seasons-onthaalgroep hom in sy lyste ingesluit het. Two Oceans Chardonnay gaan vir die volgende 24 maande in 25 hotelle in die VSA en die Karibiese Eilande beskikbaar wees.
Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
SA se Fairtrade blykbaar gewild oorsee en plaaslik
Suid-Afrikaanse wyne met die Fairtrade-seël vir sosiaal verantwoordelike vervaardiging se populariteit neem blykbaar in Europese, Amerikaanse en Asiatiese  markte toe. Dit gebeur ook plaaslik. Volgens Ferdinand Appel, hoofbestuurder by uniWines Vineyards in die Breedekloof streek, toon SA verbruiker en handelaars ook 'n groeiende belangstelling. Volledige berig.

Super Somer in Stellenbosch Vallei
Geniet ‘n pret-belaaide somerprogram en super somer in Stellenbosch Vallei. Van 16 tot 18 Desember bied wynplase ‘n propvol program met uitsoekwyne, watertandlekker kos en opwindende vermaak vir die hele gesin. Geniet interessante aanbiedings en die natuurskoon. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Medaljewenners van Darling Cellars
Darling Cellars, geleë in die koel Weskus-wyndistrik van Darling (wat die veelgeroemde Groenekloof-wyk insluit), het vanjaar sy trofeekas aansienlik uitgebrei met nie minder nie as agt silwer medaljes op vanjaar se International Wine & Spirit Competition (IWSC) in Londen. Die Darling Cellars Reserve Black Granite Shiraz 2010 het die beste in sy klas gevaar. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Sauvignon Blanc Top 10 wenners
Deur Christian Eedes
Was 2011 die regte oesjaar vir plaaslike Sauvignon Blanc? Die byna deurlopende  warm en droë toestande het wyne voortgebring wat ryker en ryper as gewoonlik is en daarom aanloklik mag wees vir ‘n groep verbruikers wat stadigaan moeg raak vir wyne wat ultra-groen en ultra-asidies is. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Plaisir de Merle verskaf SAA se voorste rooi
Nie alleen het 'n internasionale span beoordelaars drie van Plaisir de Merle se wyne gekies om op South African Airways se wynlys vir 2012 te verskyn nie, maar die Plaisir de Merle Cabernet Sauvignon 2009 is ook as die beste rooiwyn van die jaar aangewys. Meer as 'n duisend inskrywings van landgoedere en wynkelders regoor die land is beoordeel vir die lugredery se toekennings. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
La Motte is SA se wyntoerisme-wenner
La Motte naby Franschhoek is die Suid-Afrikaanse wenner van die Great Wine Capitals (GWC) Best of Wine Tourism-toekenning vir 2012. Die aankondiging is onlangs in Mainz in Duitsland gemaak by 'n glansdinee waar vooraanstaande wyntoerismepraktisyns van orals ter wêreld teenwoordig was. Die gasheer was GWC. Volledige berig.
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
Du Toitskloof wen beste waarde
Du Toitskloof-Wyne naby Rawsonville het weer eens bewys dat wyn van buitengewone gehalte nie ʼn plaas se prys hoef te kos nie nadat dit aangewys is as die kelder wat algeheel die beste waarde vir geld bied. Dit is die vyfde keer in 12 jaar dat die kelder hierdie onderskeiding behaal. Dertien van sy wyne is ingesluit in die 2012 Best Value Wine Guide. Volledige berig.

WYNKALENDER
Webwerf_spacer_3.gif
Plaaslik is lekkermet tapas en wyn 
Ietsie anders as die gewone kroeg-kos is hierdie lekker nuwe ervaring by Durbanville Hills. Geniet 'n verskeidenheid tapas-borde met gunstelinge uit die Durbanville Hills-kelder.
Lewendigemusiek darby is 'n bonus!
geregte sluit in potpasteie, Weskus-viskoekies en Kaapse samoesas. Pryse wissel van R25 tot R35 per gereg en wyne is teen kelderpryse beskikbaar. ian by021 558 1337 of info@dheatery.co.za.
Tye: 10 Februarie om 17h00 tot 27 April 2012 om 19h00.  
Plek:The Eatery at Durbanville Hills.
Vir meer inligting kontak R
24 Februarie 2012 tot 25 Februarie 2012
Die voorste sauvignon blanc-fees word in die Constantia-vallei gehou. Die klem val op wyne uit die Constantia-vallei, maar ander plaaslike en internasionale wyne sal ook bekend gestel word.

ARazvan_Macici_and_Gunter_Brozel__LR_.jpg
Razvan Macici, die keldermeester op Nederburg, en sy voorganger, Gunter Brözel.

Cellar master Martin Moore 05 low res_1.jpg
Martin Moore, keldermeester van Durbanville Hills.

Su Birch - WOSA CEO (Low Res)_1.jpg
Su Birch van Wosa.

Jan Scannell, Distell managing director.jpeg
Jan Scannell, grootbaas van Distell.

aspatz.jpg
Die Sperling-familie kort nadat Spatz die 1659-toekenning in ontvangs geneem het: Sy seun Victor, eggenote Vera, skoondogter Ronel, Spatz, skoonseun Erhardt en dogter Nora.Foto: Natalie Gabriels/Die Burger

Valentine__s_at_Waterkloof_LR_2.jpg
Kom geniet die dag van liefde op Waterkloof.

Webwerf_Kaapzicht___horison.jpg
Dinge lyk goed in die Kaapse wynland.

Durbanville_Wynvallei_Sauvignon_blanc.jpg
Diemerdal wynmaker Thys Louw en Wade Bales.

Webwerf André, Jacques en Pieter Bruwer_1.jpg
Andre, Jacques en Pieter Bruwer.

Webwerf_Windmeulspan.jpg
Anton Laas (wingerdboukundige), Danie Marais (keldermeester) en Francois van Niekerk (wynmaker).

Webwerf_Etienne_Louw_and_Ollo_Parker__1_.jpg
Etienne Louw en Ollo Parker.

Webwerf_Platter_2012.jpg
Tim Rands en Marc Kent van Boekenhoutskloof en Philip van Zyl.

Webwerf_Oude_Meester_Souverein_bottel.JPG
Dubbelgoud aan Oude Meester Souverein.

Webwerf_Four_Seasons_Hotel_Los_Angeles_at_Beverly_Hills__LR_.jpg
Four Seasons hotel in Beverly Hills.

Webwerf_fairtrade_logo.jpg 

Webwerf_Stellenbosch_familiepret.jpg
Familiepret in die Stellenbosch Vallei se super somer.

Webwerf_Darling_Cellars_Winemaking_team.jpg
Keldermeester Abé Beukes (middel), met die wynmakers Carel Hugo en Welma Visser.

Webwerf_Sauvignon_Blanc_Top_10_2011.jpg
Sauvignon Blanc Top 10-wenners se bottels omhoog.

Webwerf_Plasir_de_Merle_span.JPG
Nolan Williams, Niel Bester, Salmon Mouton en Mervyn van Schoor.

Webwerf_La_Motte_Museum__LR_.jpg
La Motte se kunsmuseum.

Webwerf_Shawn_Thomson2.jpg
Shawn Thomson.

Klik hier vir vorige nuus
Zonnebloem se vroue help baie
Grootdrink-kelder wen groot
Zonnebloem se nuwe span werk
Durbanville Hills presteer by Veritas
Bottelary Hills Familiedag
KWV staan uit by Veritas
Nederburg vol goud by Veritas
Uitkyk skep tuiste vir uile
Groenberg-ekoroete ook vol wyn  
Drietal vir Du Toitskloofwyne
Nederburg heel bo in Five Nations
Du Toitskloof vol dinge by fees
Decanter sukses vir Kleine Zalze
Internasionale kenners by Veritas
Two Oceans borg Walvisfees
Neethlingshof Gewurztraminer staan uit
Waterblommetjiefees brei uit
Vinpro sal optree waar nodig
Distell se wye aanbod help baie

wynsa_buy_btn.jpg

Webwerf_Vredeheim_banner.gif

Webwerf_windmeul_banner2.gif

Webwerf_Novare_logo.JPG

Webwerf_Nederburg_V_banner.gif

Webwerf_FDC_afr_Vertical_N.gif

joubertad.gif