Nederburg-keldermeester sien nou om na Distell se topwyne

Razvan Macici Nederburg Cellar MasterNá 15 oesjare waarin hy Nederburg se reputasie as een van die beste wynmakerye in Suid-Afrika herbevestig het, gaan Razvan Macici nou ’n nuwe pos beklee. Hy is as Distell se hoofwynmaker aangestel. Dit is ’n nuwe pos wat behels dat hy oor die styl en gehalte van die maatskappy se hele wynportefeulje toesig gaan hou. Hy gaan ook stukrag aan vernuwing gee, en die saamtrekpunt wees vir die uitruil van spesialis-wynkennis. Boonop sal hy as die maatskappy se reisende wynambassadeur optree en met resensente, beïnvloeders en die handel in belangrike market, skakel.

Johan Venter, Distell se produksiedirekteur, het gesê die aanstelling is ’n belangrike stap wat die bevordering van die maatskappy se wynbesigheid en aansien betref. “Veral wyne van topgehalte word in ons portefeulje al belangriker namate ons oral ter wêreld markte ontwikkel en uitbrei. Die nuwe pos sal bykomende stukrag verleen om uitnemendheid in die maak van wyn te stimuleer en rigting te gee ten einde ons mededingende voordeel te vergroot.”
Venter het sê Macici sal die maak van wyn op Nederburg steeds beïnvloed, maar terselfdertyd ook ʼn stempel afdruk op die maatskappy se ander wynreekse – van Alto tot Zonnebloem. Onder die ander handelsmerke wat by sy kundigheid sal baat, tel Durbanville Hills, Plaisir de Merle, Le Bonheur, Uitkyk, Stellenzicht en Neethlingshof. Hy sal ook ten nouste met al die betrokke wingerdboukundiges saamwerk.

Macici aanvaar sy nuwe pos op 1 Julie. Sy aanstelling het ook gelei tot ander veranderings in die maatskappy se kelderbestuur.

Klein Zalze se Chenin Blanc die beste witwyn by Concours Mondial de Bruxelles

Die uitslae vir die jaarlikse Concours Mondial de Bruxelles-toekennings is pas bekendgemaak en Suid-Afrika se staatmaker Kleine Zalze het die gesogte beste algehele prys vir die beste wit wyn van die skou gewen. Die kompetisie reik ook spesiale toekennings uit aan wyne wat die hoogste punte in hul kategorie verwerf het. Dit is aan die Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc 2013, tesame met ’n gesogte Grand goue medalje, toegeken.

Net om te verseker dat die wit wyne nie die kalklig steel nie, het Concours Mondial de Bruxelles ook ’n Grand goue medalje aan die Family Reserve Cabernet Sauvignon 2010 én ’n goue medalje aan die Kleine Zalze Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2012 toegeken.

Distell het groot invloed op etiese wynproduksie

Distell se hoofwynmaker - Callie van NiekerkIn die moderne wynwêreld is etiese akkreditering van produksiestelsels van kardinale belang en in Suid-Afrika is kollig daarop soveel groter.

In die bedryf van hierdie stelsels, het Distell ‘n reuse-invloed op die poging om etiese akkreditering onder Suid-Afrika se druiwe- en wynprodusente te verseker.

So sê Erhard Wolf, die maatskappy se hoofbestuurder vir druiwe- en wynaankope.

Eerste student vir projek behaal graad

Alvercia JuriesAlvercia Juries (24), gaan binnekort Fairtrade se eerste universiteitsgegradueerde word. Wanneer sy in Desember haar graad by die Universiteit van die Wes-Kaap ontvang, sal sy ook die eerste lid van haar familie en hele gemeenskap van 250 plaaswerkers wees met ’n tersiëre kwalifikasie.

Haar studies word befonds uit die premies wat betaal word vir die Devonvalleise druiwe wat gebruik word om Place in the Sun-wyne te maak. Hierdie handelsmerk is ’n Fairtrade-geakkrediteerde handelsmerk.

’n Fairtrade-premiekomitee, wat wingerdwerkers verteenwoordig, besluit hoe om die geld, wat bedoel is om die gemeenskap en sy lewensgehalte te bevorder, aan te wend.

Nou het twee ander lede van Alvercia se gemeenskap ingeskryf vir naskoolse kwalifikasies. Hulle studies sal ook uit die premies betaal word.

Cameron Goeieman en Alvercia se suster, Chandré Juries, het albei vanjaar by die Boland Kollege ingeskryf vir diplomakursusse wat hulle in staat sal stel om as assistente vir bestuurders in ‘n kommersiële omgewing te werk.

Cameron (19) het nog altyd daarvan gedroom om ’n bestuurder te word en hoop die kursus neem hom ’n treetjie nader aan sy droom. Chandré, (18) meen ’n diploma agter haar naam sal haar in staat stel om vinniger in die sakewêreld te vorder.

Bo en behalwe geldelike bydraes vir skool- en naskoolse studies, word die geld aangewend vir sport-, ontspanning-, gesondheid- en voedingskemas op die twee naburige plase wat druiwe vir Place in the Sun verskaf.

SA se jongste kelder gaan sy merk in plaaslike wynbedryf maak

 Die Suid-Kaap se deel aan die Suid-Afrikaanse wynmark is besig om uit te brei met die toevoeging van die jongste kelder, Beleiya wyne. Die stadige kruip van wynkelders langs die Suid-Kaapse kus het in die Hermanus-omgewing begin, in die Hemel-en-Aardevallei, daarna het dit om Walkerbai gespoel na Lomond net agter Gansbaai se Duynefonteinberge. Die Elim-streek met Black Oystercatcher as een van die bekendste wyne van die streek het gevolg. En nou het dié kusstrook sy jongste wynstokke  verwelkom – Baleia Bay-wyne in die vermaaklikheid-omgewing.