Alles Oor Wyn

Ons Praat Oor Wyn in Afrikaans

WYNSA is die grootste en eerste ten volle Afrikaanse wyn-webwerf wat omvattende inligting oor die hele Suid-Afrikaanse wynbedryf bevat.

Ons is nie alleen opvoedkundig van aard nie, maar gee wynnuus op 'n gemaklike en gesellige wyse weer sodat ons lesers en volgelinge die ware hartklop van die Suid-Afrikaanse wynbedryf kan ervaar.

Die talle wynroetes en -streke, verskillende aktiwiteite, plekke om te sien - en bowenal, die stories van die wynmense wat elke streek so uniek maak.

Suid-Afrikaanse wyn is van die bekendste en gewildste in die wêreld. Die produksie van wyn is hoofsaaklik gekonsentreer rondom die tradisionele wynlande van  Stellenbosch, die Paarl, Breederivier, Swartland en die Oranjerivierstreek.

Daar is egter ook nog talle produksiegebiede wat uitstekende wyne van wêreldgehalte lewer: die Overbergstreek, die suid-Kaap, die Karoo en natuurlik word wyne op die Kaapse Skiereiland ook verbou - dit is immers waar die SA-wynbedryf begin het - by Groot Constantia.

Suid-Afrikaanse wyn is wêreldwyd bekend. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf produseer jaarliks gemiddeld een miljoen ton druiwe en verskaf werk aan sowat 300 000 mense.

Ons het ook 'n omvattende deel oor die Suid-Afrikaansae brandewynbedryf - een van die grootstes ter wêreld wat jaarliks met van die gesogste toekennings in die bedryf vereer word. Kom snuffel bietjie rond en leer ook terselfdertyd meer oor brandewyn, hoe dit gemaak word, die verskillende soorte, lees meer oor die brandewynroete en ontmoet Suid-Afrika se voorste brandewynmeesters.

Kom ons kuier saam!

Stuur vir ons 'n e-pos na info@wynsa.co.za en gesels saam - vra vrae en ons help graag.