Delheim se jaarlikse oefsees om die draai

Vier Moeder Natuur se gawes op hierdie gewilde oesfees: Saterdag 25 Januarie 2020

Sluit op Saterdag 25 Januarie by Delheim-landgoed aan vir die jaarlikse feesvieringe van Moeder Natuur se gawes, by dié bekroonde Stellenbosch-wynkelder se oesfees.

Die fees is ’n wynkalender-hoogtepunt en dié geleentheid waar gesinne ’n ontspanne dag kan deurbring met goeie kos en wyn, asook vate vol pret in die wingerde. Kaartjiehouers ondersteun terselftertyd ’n goeie saak, met ’n gedeelte van elke kaartjie wat geskenk word aan die Pebbles Project, ’n organisasie sonder winsbejag wat kinders en hul families van die Wynlandse plaasgemeenskappe in die Wes-Kaap, se lewens verryk.

Die 2020 Delheim-oesfees beloof weer vermaak uit die boonste rakke, wat natuurlik nie volledig sal wees sonder die gewilde druiwe-pluk-en-trap-kompetisie. Daar is lekker musiek, trekkerritte en oorgenoeg kos en drank, wat in ware feesstyl by verskeie stalletjies beskikbaar sal wees.

Van die hoogtepunte is ’n geskenk wat ingesluit is by elke volwasse kaartjie wat verkoop word – ’n verrassingsbeloning vir jou harde werk in die wingerde. Sonder om te veel te verklap: hierdie een sal jy wil hou; dis ’n deftige geskenk vir ’n deftige geleentheid.

Die kaartjieprys sluit ook ’n bottel Delheim Rosé 2019/Sauvignon Blanc 2019 of Shiraz Cabernet Sauvignon 2017 in, wat tydens die fees geniet kan word, of huis toe geneem kan word. Addisionele wyne kan by die Delheim-wynkroeg gekoop word.

Die druiwe-pluk-en-trap aksie skop stiptelik om 10:30 af, met die kosstalletjies wat vanaf 12h00 die smullus sal sus. Kaartjies is beperk om dit intiem en spesiaal te hou – net die manier om ’n spesiale dag met jou vriende en familie te geniet.

Kaartjiebesonderhede

• Kaartjies kos R480 p p vir volwassenes. Hierdie prys sluit in vier kos-items, ’n komplimentêre bottel Delheim-wyn, lewendige musiekvermaak, druiwe-pluk-en-trap, ’n trekkerrit en ’n eksklusiewe geskenk om huis toe te neem. ’n Totaal van R100 per kaartjie gaan na die Pebbles Project.

• Kaartjies vir kinders onder 18 is R280 pp en sluit in druiwe-pluk-en-trap, twee sappies, ’n peuselhappie-verrassing en drie kos-items. Die fees is gratis vir kinders onder 3 jaar en daar is ook toegang tot die kinder-speelarea en gesigverf. Kaartjies is beperk en kan aanlyn by Quicket (www.quicket.co.za) gekoop word.

Delheim Landgoed is in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch Wynroetes, op die Knorhoekpad, net af van die R44.

Lekker wyn van hoë gehalte is eie aan Delheim – kom geniet dit by die oesfees.

Die Delheim-oesfees is die ideale familie-kuiergeleentheid.

 

 

Daar sal vir jou werk in die wingerd wees tydens die oesfees – maar dit gaan nie onbeloon verby nie!

Druiwe pluk-en-trap is een van die prettighede by die Delheim-oesfees.

Delheim is die tuistre van die legendariese Sperking-familie – met Spatz as die doyen van die SA wynbedryf.