Stellenbosch Wynroetes gee Glen Eagle `n hupstoot
Oktober 2008
Die Stellenbosch American Express® Wynroetes het R5 000 geskenk aan die vrouesokkerspan van die Glen Eagle Klub in Cloetesville, Stellenbosch. Die donasie het die klub in staat gestel om te kwalifiseer vir die Vodacom Provinsiale Liga.
Webwerf_spacer_4.gif
Die Klub het vanjaar sy 30ste bestaansjaar gevier, en dames ouer as 15 jaar kan aansluit. Drie van die spelers, Henriëtta Adams, Christolene Jantjies en Ilze Jones is gekies vir die Ikapa span, wat in Argentinië gaan meeding in 2009. Die span speel al drie jaar saam, en hulle het die Boland Super Liga sowel as die Vrouedagtoernooi gewen.
Webwerf_spacer_4.gif
Elkeen van die dinamiese vroue moet R3 500 insamel vir die toer na Argentinië en die klub is ook desperaat op soek na toerusting, vervoer en mediese dienste.
Webwerf_spacer_4.gif
“Ek hoop dat besighede `n helpende hand sal uitsteek na die klub in die gees van 2010”, het Annareth Jacobs die Uitvoerende Hoof van die Stellenbosch American Express® Wynroetes bygevoeg.
Webwerf_spacer_4.gif
Afrigter Mark Francis sê hy is baie trots op sy span en dat hulle inspirasie put uit spelers soos Joanne Solomons, wie haar sokker loopbaan by Glen Eagles afgeskop het, en nou Suid-Afrika verteenwoordig deur vir Banjana Banjana uit te draf.
Webwerf_spacer_4.gif
Indien enige besigheid van hulp kan wees met skenkings, kontak asseblief vir Richard Poole by 084 410 8500.
 

Webwerf_Stellenbosch_vrouesokker.jpg
Die spelers, afrigter en borg staan saam om nog baie doele te skop.