Wynkenner-aand by Stellenbosch Wynfees
Webwerf_spacer_3GR.gif
Wil jy meer leer oor jou gunsteling Stellenbosch wyn of wynmaker, maar sien nie kans vir die gestamp en stoot van hordes wyngeesdriftiges nie? Dan is die Stellenbosch Wynfees se spesiale Wynkenner-aand wat op Donderdag, 30 Julie, by die Paul Roos Sentrum plaasvind net die plek vir jou.
Webwerf_spacer_3.gif
Hierdie eksklusiewe aand bied aan wynentoesiaste die geleentheid om moeiteloos te kom skouer skuur met hulle gunsteling kelders tydens ‘n gesellige wynproe rendezvous wanneer elk van die meer as 170 uitstallers by vanjaar se fees tydens hierdie spesiale geleentheid hulle beste en rare kelderskatte sal skink.
Webwerf_spacer_3.gif
Dié gesogte geleentheid vier ook die amptelike opening van die 8ste Stellenbosch Wynfees – wat plaasvind vanaf 30 Julie tot 2 Augustus – en bied jou ‘n eersteklas ervaring van die warm gasvryheid van die Wynland...  en dit in die aansig van al die groot legendes en nuusmakers van die Stellenbosch Wynroetes.
Webwerf_spacer_3.gif
Kaartjies na die Wynkenner-aand is beskikbaar by Computicket en kos R150 per persoon wat ‘n vonkelwyn groetglas, fynproewerhappies en unieke wynproeë van net die bestes onder een dak insluit. Vir gerieflikheidsonthalwe is daar slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar om te verseker dat jy met gemak hierdie wandel-wêreld van wyne kan ervaar.
Webwerf_spacer_3.gif
Die Wynkenner-aand vind plaas vanaf 16h00 tot 21h00.
Webwerf_spacer_3.gif
Vir meer inligting oor die Stellenbosch Wynfees skakel tel: 021 886 4310 of besoek
www.wineroute.co.za. Kaartjies na die fees wissel vanaf R100 per persoon tot R300 vir ‘n alle-toegang kaartjie.
Webwerf_spacer_3.gif
Wen Wen Wen: SMS WINE na 34010 om kaartjies na die Stellenbosch Wynfees en ander top pryse te wen. Koste per sms beloop R2 en terme en voorwaardes geld.

Webwerf_Petre_Morkel.jpg
Wynmaker Petre Morkel by verlede jaar se Stellenbosch Wynfees.