Stellenbosch-wynfees:
Wynkenneraand saam met wynmakers ’n hoogtepunt
’n Eksklusiewe geleentheid om Stellenbosch se wynmakers te ontmoet, sonder die gedrang van duisende mense, is vanjaar weer ’n groot gunsteling by did Stellenbosch-wynfees.
Hierdie geleentheid is op tydens die spesiale Wynkenneraand op Donderdag, 30 Julie, by die Paul Roossentrum.
Hierdie eksklusiewe aand bied aan wynentoesiaste die geleentheid om moeiteloos te kom skouer skuur met hulle gunsteling kelders tydens ‘n gesellige wynproe rendezvous wanneer elk van die meer as 170 uitstallers by vanjaar se fees tydens hierdie spesiale geleentheid hulle beste en rare kelderskatte sal skink.
Dié gesogte geleentheid vier ook die amptelike opening van die 8ste Stellenbosch Wynfees – wat plaasvind vanaf 30 Julie tot 2 Augustus – en bied jou ‘n eersteklas ervaring van die warm gasvryheid van die Wynland... en dit in die aansig van al die groot legendes en nuusmakers van die Stellenbosch Wynroetes.
Kaartjies na die Wynkenneraand is beskikbaar by Computicket en kos R150 per persoon wat ‘n vonkelwyn groetglas, fynproewerhappies en unieke wynproeë van net die bestes onder een dak insluit. Vir gerieflikheidsonthalwe is daar slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar om te verseker dat jy met gemak hierdie wandel-wêreld van wyne kan ervaar.
Die Wynkenneraand vind plaas vanaf 16h00 tot 21h00.
Vir meer inligting oor die Stellenbosch Wynfees skakel tel: 021 886 4310 of besoek
www.wineroute.co.za. Kaartjies na die fees wissel vanaf R100 per persoon tot R300 vir ‘n alle-toegang kaartjie.
Wen Wen Wen: SMS WINE na 34010 om kaartjies na die Stellenbosch Wynfees en ander top pryse te wen. Koste per sms beloop R2 en terme en voorwaardes geld.