Stellenbosch skitter by Indaba
Webwerf_spacer_3GR.gif
Verskeie toerisme-rolspelers uit Stellenbosch is onlangs tydens INDABA vereer vir uitstaande dienslewering.  INDABA word beskou as die toonvenster vir die Suid-Afrikaanse toerismebedryf en lok jaarliks duisende uitstallers, verteenwoordigers uit die toerismebedryf asook plaaslike en internasionale reisagente en media.
Webwerf_spacer_3.gif
Die "Welcome Awards" word algemeen beskou as die top toerismetoekenning vir uitstaande dienslewering in die land en Stellenbosch se eie Pietman Retief is vanjaar aangewys as die Beste Toergids. Retief wat in Stellenbosch gebore is en grootgeword het, het 'n ongekende passie vir die geskiedkundige Eikestad en beskik oor 'n magdom kennis oor die dorp se kultuurryke geskiedenis en is deesdae een van die gewildste gidse vir internasionale toeriste.
Webwerf_spacer_3.gif
Retief is die afgelope dertig jaar in verskeie hoedanighede betrokke by die plaaslike wyn- en toerismebedryf en was een van die stigterslede van Stellenbosch Toerisme en Inligting in 1973.  Hy het ook 'n instrumentele rol gespeel in die vestiging van die Wynmuseum, die Brandewynmuseum en die opening van die Van Ryn Brandewynkelder aan die publiek in die vroee 1980's. Die Van Ryn Brandewynkelder is juis by vanjaar se INDABA bekroon met die prys vir die Beste Vergaderlokaal.
Webwerf_spacer_3.gif
Alhoewel Pietman onlangs afgetree het, tree hy gereeld op as onafhanklike gids vir plaaslike en internasionale toeroperateurs. Sy liefde vir die geskiedenis, museums en kultuurskatte van die Wes-Kaap en Suid-Afrika en 'n wye kennis van die plaaslike wynbedryf het van hom 'n baie gesogte gids en ambassadeur van die wyer Stellenbosch area gemaak.
Webwerf_spacer_3.gif
"Dit was verseker 'n voorreg om groot te word in een van die mooiste dorpe in ons land en om so nou betrokke te wees by iets waarvoor ek so 'n passie het.  Na dertig jaar raak ek steeds opgewonde as ek toeriste rondneem na al die interessante besoekpunte en om hulle reaksie te sien op die asembenemende natuurskoon, die unieke karakter van die dorp en die argitektoniese wonders wat hier gevind word.  Wyntoerisme bly steeds een van die kern besoekpunte en met die Stellenbosch American Express® Wynroete wat die grootste in die land is, kan besoekers absoluut kies en keur," se Retief.
Webwerf_spacer_3.gif
Nog 'n toekenning wat Stellenbosch se kant toe gekom het, was aan Eendracht Hotel wat aangewys is as die Beste Klein Hotel by die AA Toekennings, terwyl Summerwood Gastehuis die Groot Gastehuis-afdeling gewen het. Beauclair is ook hoog aangeskryf as 'n bed-en-ontbyt opsie.
Webwerf_spacer_3.gif
Volgens die uitvoerende hoof van Stellenbosch Toerisme, Seranti Viljoen, speel toekennings soos hierdie 'n kardinale rol in die bemarking van 'n bestemming. Webwerf_spacer_3.gif
Webwerf_spacer_3.gif
"Alhoewel Stellenbosch 'n gevestigde bestemming is op internasionale toeriste se reisplanne, moet ons voortdurend streef na topgehalte diens en produkte.  In die aanloop na die FIFA 2010 Wêreldbeker in Suid-Afrika, is dit belangrik dat Stellenbosch se topklas aanbiedinge getoon word aan huidige en ontwikkelende markte soos byvoorbeeld die Midde-Ooste. In die huidige ekonomiese klimaat, speel volhoubare, uitmuntende dienslewering 'n uiters belangrike rol in die behoud van besoekersgetalle en ook om nuwe markte te lok," noem Viljoen, wie onlangs die Süd Afrika Tage Road Show in Duitsland en die Arabian Travel Market bygewoon het om Stellenbosch as 'n top toerismebestemming te bemark.

Julie 2009

Webwerf_Annareth_Pietman__Seranti_Junie_2009.jpg
Annareth Bolton (Stellenbosch Wynroete), Pietman Retief en Seranti Viljoen (Stellenbosch Toerisme).