Pinotage om Erfenisdag mee te vier

Middelvlei Free-Run Pinotage 2018 – ’n Viering van Suid-Afrika se erfenis

Pinotage, die rooiwynkultivar uniek aan Suid-Afrika, is die ideale wyn om Suid-Afrika se erfenis op 24 September mee te vier, en Middelvlei se Free-Run Pinotage 2018 staan voor in die tou.

Wat ’n viering van Erfenisdag met die Middelvlei Free-Run Pinotage 2018 ekstra spesiaal maak, is die feit dat hierdie landgoed vanjaar ’n volle eeu van wynmaak deur drie geslagte Mombergs vier.

Die Middelvlei Pinotage is gemaak van 100% vryloopsap. Dis die sap wat natuurlik afloop uit ’n vrag vars geplukte druiwe. Hierdie sap word dan gegis en gefiltreer om ’n wyn van gehalte met sagter tanniene te skep.

Tinnie Momberg, die wynmaker, beskryf hierdie wyn as een met komplekse geure van framboos, moerbei en elegante eikespeserye. Die sagte tanniene word pragtig deur die vrugte gebalanseer en die romerige vanieljegeure talm in die mond.

Die Middelvlei Free-Run Pinotage 2018 is op die landgoed en landwyd by uitgesoekte handelaars te koop teen R130 per bottel.

Wanneer dit by kos kom, het hierdie klassieke Suid-Afrikaanse rooiwyn ’n voorliefde vir ’n tradisionele braaivleis, insluitende Middelvlei se bekende en gewilde Boerebraai. Die Boerebraai is ’n ware Suid-Afrikaanse ervaring waartydens die plaas se eie braaier die tjops, boerewors en hoendersosaties perfek braai terwyl gaste ontspan met Middelvlei se pinotage.