Reuse-beelde skep unieke skouspel op Benguela Cove

Benguela Cove-wynlandgoed in stel Anton Smit beeldhoupark bekend

Nes jy dink die Benguela Cove-wynlandgoed het sy volle potensiaal bereik as ‘n kos-, wyn- en leefstylbestemming, word ‘n nuwe projek van stapel gestuur. Gereelde besoekers aan die landgoed sal nou verras word deur groot beeldhouwerke wat jou welkom heet en wat regoor die eiendom uitgstal word. Dit is alles die handewerk van die bekroonde beeldhouer Anton Smit.

Die Benguela Cove-landgoed is ‘n wyntoerismetrekpleister in die Walkerbaai net buite Hermanus.

Penny Streeter (OBE, orde van die Britse Ryk) het sedert 2013 ‘n gasvryheidsentrum hier begin bou waarop Suid-Afrikaanse kos, wyn en nou ook die kunste gevier kan word. Ná verskeie uitstallings, wat ook Streeter se persoonlike versameling insluit, het sy gevoel die tyd is reg om die drama van die landskap ook met indrukwekkende beelde te eggo. Benguela Cove maak deel uit van die Benguela Collection wat Leonardslee Lakes & Gardens asook die Mannings Heath-wyn-en-gholf-landgoed in die VK insluit. Streeter is ook die eienaar van die A24-groep, een van die grootste mediese personeelwerwings-agentskappe in Engeland en Suid-Afrika.

“Kos, wyn en kuns is elk ‘n unieke kunsvorm wat erfenis, talent en die land se natuurlike skatte ten toon kan stel. Die omgewing, oftewel terroir, van Benguela Cove, word gevier met uitstaande wyne, heerlike kos en nou kan ons ook met trots deel dat hierdie spesiale plek met n meester beeldhouer se werke versier word.”

Die Benguela Cove-beeldhoupark is van 1 Oktober 2019 oop vir besigtiging en die amptelike opening om al veertig werke bekend te stel, is op 26 Oktober.

Smit se monumentale beeldhouwerke is wêreldwyd bekend. Sy beeldbouwerke word gekenmerk aan groot koppe, maskers en lewensgrootte figure. Geloof is ‘n sentrale tema in sy werk.

“Die werk genaamd Oblivion of the Waves is baie gepas vir Benguela Cove wat so naby aan die see is. Dié werk ondersoek die landskap van die siel.”

Elke werk word met ’n gedig of ‘n uittreksel van ‘n gedig vergesel wat ‘n diep betekenis vir Smit het. “Die geestelike wese van elke werk is ‘n antwoord op die roepstem om te skep.”

Smit se pad na sukses was nie ‘n maklike een nie en hierdie bekroonde kunstenaar moes baie deurmaak om sy roeping te volg. Dit resoneer met die pad wat Streeter as ‘n jong vrou moes loop en wat ten spyte van terugslae die deursettingsvermoë gehad het om haar eie suksesvolle ondernemings te stig. Soos Smit hou sy vol om haar drome te verwesenlik.

Die beeldhoupark is die eerste hoofstuk van wat beplan word om ‘n indrukwekkende beeldhoupark te word in die Engelse tuine van Leonardslee Lakes & Gardens in Horsham, Sussex.

Die Streeter-familie het hierdie eens asemrowende tuine in ‘n verwaarloosde toestand gekoop en nuwe lewe daarin gebaas om dit tot sy volle glorie te herstel.

“Ons is oorstelp met die belangstelling wat die tuine gewek het sedert die opening in Maart vanjaar. En toe ek na die groot spasies en skouspel van kleur kyk, kon ek sien hoe Smit se beeldbouwerke ‘n impak in die spasie kan hê.”

Hierdie oomblik van gewaarwording het haar na Smit laat uitreik om die samewerking van so ‘n projek te bespreek.

En dit was net die begin, vertel Smit.

“Ons het met Penny en haar man, Nick, ontmoet om die moontlikhede by die tuine te bespreek. Tussen die eerste paar sinne het Benguela Cove deel geword van die gesprek. ‘n Groter prentjie het homself aan ons geopenbaar om iets nog groter en mooier tot stand te bring. Benguela Cove merk  die begin van n lang kreatiewe pad saam voerentoe.”

Die beeldhouwerke kan sewe dae per week besigtig word.