Waterkloof stel jongste oesjaar van Circle of Life White vry

Waterkloof, die bekroonde bio-dinamiese wynkelder, het die jongste oesjaar van sy gewilde Circle of Life White-versnit bekend gestel. Die Circle of Life White 2016 vertoon sowel die sagter hand in die kelder as ’n groener aanslag en is ’n sprekende voorbeeld van die wyne wat eko-vriendelike boerderypraktyke kan lewer. Die wyn word net in uitgesoekte jare vrygestel, wanneer integrasie en sy komponente op hul beste vertoon. Circle of Life is geskep as dié Waterkloof-storie – die plaas is eers konvensioneel bewerk, maar Waterkloof se groot potensiaal is deur Paul Boutinot raakgesien. Hy het aan die hoof gestaan van die transformasie na ’n lewendige, asemhalende organiese- en bio-dinamiese wingerd. Die Circle of Life White en -Red duo waaruit hierdie portefeulje bestaan, weerspieël die multivlak herkoms, waar elke aspek van sy ligging hoog bo die fynbos-bedekte Schapenberg-heuwels wat oor Valsbaai uitkyk. “Die Circle of Life White 2016 is fassinerend,” skryf Nadia Barnard-Langenegger, Waterkloof se wynmaker, in haar verslag. “Sy sauvignon blanc-karakter is prominent op die neus, met aromas van lemmetjie en appelliefie. Op die tong toon die wyn ’n vars suur en deeglike integrasie. Die chenin blanc kry gestalte in die mineraal-hart en romerige middel-smaak – die ideale agtergrond vir kompleksiteit en ’n talmende nasmaak.” Die versnit bestaan uit 67% sauvignon blanc, 29% chenin blanc en 4% semillon. Nadia sê die 2015-groeiseisoen waaruit hierdie wyn afkomstig is, was matig en baie droog. Die lente het gesorg vir oorvloedige sonlig en warm temperature. Bio-dinamiese wingerde kry onder hierdie omstandighede behoorlik kans om tot hulreg te kom. Hul diep wortelstelsels, waarvan sommige tot ses meter diep is, hou die plant gesond. “Met oestyd was die bessies klein, maar die geure was fantasties,” sê sy. Waterkloof maak meestal op smaak staat, om te besluit op watter stadium die druiwe gereed is vir oes. Die druiwe word in die koel vroegoggend-ure gepluk, met streng vrugseleksie in die wingerd én in die kelder. Hierdie oes was die eerste een waarin die Waterkloof-span die nuwe Coquard-pars gebruik het. Die delikate pars-siklus verseker die beste manier om sap te onttrek wat suiwerheid verseker – ’n integrale deel van die Waterkloof wynmaak-filosofie. Tydens die Circle of Life White se wynmaakproses is ’n kombinasie van ou 600 liter vate en sement “eiers” gebruik. Die wyn word deur natuurlike, mede-gisting van die twee hoof druifvariëteite in die versnit van sauvignon blanc en chenin blanc gemaak. “Dit het uiteindelik ’n beter geïntegreerde en meer volronde wyn tot gevolg,” sê Nadia. Om getrou te bly daaraan om wyn so natuurlik as moontlik te maak, word geen byvoegings soos suur of ensieme toegelaat nie. “Ons verkies lang vat- en bottelveroudering voor ons die wyn vrystel,” sê Nadia. “Daar is baie maniere om balans en ’n lang mondgevoel teweeg te bring, waaronder byvoegings. Ons verkies die meer natuurlike aanslag deur die wyn langer op die gis te los en die wyn kans te gee om in die bottel te rus, omdat dit soms langer neem vir versnitte om daardie perfekte integrasie te bereik.” Die Circle of Life White-versnit 2016 is ’n opwindende toevoeging tot die Waterkloof- portefeulje. “Ons het nog altyd gefokus om ’n beter begrip vir Waterkloof en die individuele karakter van elke wingerdblok te kry,” sê Nadia. “Die Circumstance-reeks bied aan hierdie individuele blokke en kultivars die geleentheid om tot uitdrukking te kom. Terselftertyd is ons doel met die Circle of Life om twee vesnitte te maak, wat al die wisselende terroir-karaktereienskappe en druifvariëteite op Waterkloof, verteenwoordig. Ons het dus eerder as om deur ’n tradisionele versnydingstyl aan bande gelê te word, twee wyne gemaak wat nie deur kultivar óf ’n spesifieke blok in die wingerd gekenmerk word nie, maar eerder ’n ware weerspieëling van die omvangrykheid, filosofie en spesifiekheid van Waterkloof is.”