Kom bly by die beste plekke in die wynlande

Die Kaapse wynlande, met sy verskillende wynstreke, is een van die mooiste dele van ons land. Hier kan 'n mens na hartelus baljaar, kuier, bly, eet, trou en ontspan.

In hierdie deel van www.wynsa.co.za, gaan ons ons lesers op 'n reis neem na al die lekkerste blyplekke in die wynlande - van die dorre Noord-Kaap en sy oases langs die Oranjerivier waar van die land se voorste soetwyne gemaak word, tot aan die verste suidpunt van Afrika waar wêreldklaswyne tussen koffieklipriwwe en in tierende suidoosters gemaak word.

Kies besondere akkommodasie op pragtige wynplase - hou ons dop en ons wys jou waar.

Overberg-streek

Helderberg-streek

Stellenbosch-streek

Paarl-streek

Worcester/Breedevallei-streek

Swartland

Namakwa-weskus