Die lewe is duur – brandewyn hoef nie te wees nie
Terwyl Suid-Afrikaners elke maand die stygende lewenskoste voel, bly een ding onveranderd: die liefde vir ’n goeie glas brandewyn. En volgens Nuy Wynkelder hoef gehalte nie noodwendig met ’n buitensporige prysetiket gepaard te gaan nie.
Die jongste toevoeging tot Nuy se gewilde Inspiration-reeks is die Nuy 3-Year Barrel-Selected Brandy – gemik op die alledaagse brandewyndrinker wat steeds kwaliteit in sy glas wil hê.
Boonop is Nuy 3-Year Barrel-Selected Brandy met goud beloon by sowel die 2026 South African Food & Beverage Challenge en die 2026 Aurora International Taste Challenge.
Die Aurora International Taste Challenge (AITC) is gestig om uitnemendheid in voedsel en drank internasionaal te erken en te bekroon, terwyl dit verbruikers help om bekroonde produkte wat deur kenners beoordeel is, met vertroue aan te koop. Vanjaar word die AITC weer in Suid-Afrika aangebied om universele voedselgehalte te vier en te vereer.
Die South African Food and Beverage Awards (SA F&B Awards) het ontstaan uit die behoefte om die Suid-Afrikaanse voedsel- en drankbedryf vir uitnemendheid te bekroon, en sal saam met die Aurora International Taste Challenge (AITC) aangebied word. Die hoofdoel is om uitnemendheid te beloon, terwyl verbruikers gehelp word om bekroonde produkte wat deur kenners beoordeel is, met vertroue aan te koop.
Nuy Wynkelder, aan die voet van die Langeberge tussen Worcester en Robertson, is reeds langer as 60 jaar deel van die Suid-Afrikaanse wynlandskap en bekend vir gehalte, verskeidenheid en innovasie. Benewens sy bekroonde wyne, gin en premium Copper Potstilled Brandy, voeg Nuy nou ook ’n 3-jaar vatverouderde brandewyn by sy aanbod.
Volgens die bemarkingsbestuurder, AC Goodger, was die doel eenvoudig: “Ons het besluit om ’n kwaliteit-brandewyn teen ’n billike prys aan ons kliënte te bied. Gehalte was nog altyd die vertrekpunt.”
Nuy, met 12 druifprodusente as lede, produseer jaarliks meer as 14 miljoen liter wyn en druiwesap. Minder as 1% daarvan word onder die Nuy-handelsmerk gebottel – die room van die oes wat deur keldermeester Christo Basson, senior wynmaker Paul Burger en hul span omskep word in produkte wat trots die Nuy-naam dra.
Die nuwe brandewyn is deur die wynmaakspan én ’n groep toegewyde brandewynkenners – en, belangriker nog, brandewyndrinkers – saamgestel. Die resultaat is ’n brandewyn wat net so tuis langs die braaivleisvuur as op ys is.
Basson beskryf die brandewyn as vrugtig en verfrissend, met subtiele note van karamel en speserye. “Heerlik op ys of as Suid-Afrika se gunstelingpartytjiedrankie: brandewyn en Coke.”
Die bottel spog met Nuy se kenmerkende suikerbekkie in goud – ’n huldeblyk aan die harmonie tussen wynmaak en die natuur.
Geniet dit so
Geniet dit net so op ys, saam met Coke of gemmerbier, en deel dit met vriende langs die braaivleisvuur. Die vrugtige karakter, subtiele karamelnote en speserye maak dit besonder veelsydig.

Vir iets anders kan jy Nuy se brandewyn en muskadel-skemerkelkie probeer:
- Dubbel Nuy 3-Year Barrel-Selected Brandy
- Dubbel Nuy Wit Muscadel
- ’n Skyfie lemoen
- ’n Kaneelstokkie
- ’n Skeut soda
Meng oor ys en geniet.
Waar om dit te koop
Die Nuy 3-Year Barrel-Selected Brandy is beskikbaar teen R200 per 750 ml-bottel of R1 200 vir ’n boks van ses. Dit is aanlyn by https://nuywinery.co.za/ beskikbaar met landwye aflewering of by Nuy on the hill langs die R60 tussen Worcester en Robertson. Nuy on the hill is oop van Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:00 en oor naweke van 09:00 tot 16:00.

