Het wynbemarking sy geur verloor?
Lydia Coetzee, gerekende wynkenner, -bemarker en -fundi, skryf op een van daai aaneengeskakelde aanlynplatforms dat wynbemarking sy geur verloor het.
Sy meen dat daar net gepraat word oor terroir, oesjaar en medaljes, maar selde oor die mense (agter die wyn, sê ek,…)
En wat is die waarheid, vra Coetzee? “Die meeste wynbemarking klink asof dit vir ander wynmakers geskryf is. Nie vir die verbuikers (drinkers) wat bloot soek na ‘n bottel wyn wat soos hulle voel nie.
”Ware bemarking begin as jy ophou om kundigheid te predik en begin om emosies wakker te mark (‘n vonk daarin te sit).
”Wyn het nie meer byvoeglike naamwoorde nodig nie. Dit kort eerlikheid, humor en menslikheid. Wat is die laaste stukkie wynbemarking wat jou iets laat voel het?” vra sy met reg.
Maar hier is dit nou: Sluk Jou Woorde is die antwoord op al haar vrae….Met eerlikheid, menslikheid en bowenal, humor, bring ons die lekkerste wyne tot op jou voorstoep. Sonder daardie fieterjasies van teug, neus, palet en howaardige ge-oe en ge-aahh oor smaak, voorsmaak, nasmaak en dan die stik in die onbekostigbare prys in iets wat vir jou voorgehou word as synde iets buitengewoon besonders te wees (let op die gebruik van baie byvoeglike naamwoorde, sic)
Sluk jou Woorde, en kom proe ons wyn. Kliek net hier, en dan is dit joune.

