Wynverenigings

Hulle streef na die beste

Suid-Afrika het 'n hele aantal bedryfsinstansies wat reeds so lank terug as 1992 ingestel is om om te sien na die belange van die ontwikkeling van die verskillende kultivars. En dit is twee van ons land se voorste wynkenners wat aan die spits van hierdie ontwikkeling gestaan het: Danie de Wet, destydse voorsitter van die Veritas-toekennings en Duimpie Bayly, Kaapse Wynmeester het hierdie proses begin. Ons werk nog aan die lys...

Suid-Afrikaanse Wingerd- en Wynkundevereniging
www.sasev.org

Chardonnay Forum
Voorsitter: Philip Jonker van Weltevrede

Chenin Blanc Assosiasie
Die Chenin Blanc Assosiasie sien om na een van Suid-Afrika se grootste kultivars en poog om hierdie kultivar sy regmatige plek tussen chardonnay en sauvignon blanc te laat inneem. Ooreenkomste is met die verskillende produsente bereik om verskillende style te kan produseer. Sodoende word verskillende pryspunte gestel - van intreevlak tot hoë-markwyne, houtverouderde wyne en prima-prysklaswyne wat produsente na beter gehalte laat streef. In die proses is ses style geïdentifiseer en word dit sedert die stigting van die vereniging sterk bevorder.wilmaribs@mweb.co.za

Methode Cap Classique Produsentevereniging  
Hierdie vereniging is in 1992 gestig, een van die eerstes, en poog sedertdien om die generiese term te vestig wat verwys na bottel-gefermenteerde vonkelwyn. wine@villiera.com / pieter@grahambeckwines.co.za

Muskadel Suid-Afrika
Voorheen bekend as die Muskadel Vereniging, is Muskadel Suid-Afrika in 2000 op Robertson gestig onder die wakende oog van Swepie le Roux, wat geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse wynbedryf nodig het nie. Dit poog om die beeld van Muscat de Frontignan, die vernaamste druifkultivar vir die produksie van hierdie kultivar, te verbeter en om stylverskille uit te lig. swepie@odn.co.za

Pinotage Assosiasie 
Beyerskloof se Beyers Truter is al as Suid-Afrika se Mnr. Pinotage beskryf en dit is dus heel gepas dat hy in 1995 die leiding geneem het met die stigting van hierdie vereniging. Die Absa Top Tien Pinotgae-kompetisie was 'n uitvloeisel van hierdie aktiwiteite en het 'n standaard vir die unieke pinotage kultivar gestel.

Pinot Noir belangegroep

Sauvignon blanc belangegroep
Nog 'n legende in die plaaslike wynbedryf, Bartho Eksteen, het in 1993 met sy Sauvignon Blanc-fees gesorg dat die aandag op hierdie kultivar gevestig is. Buiten dat hulle omsien na die strewe na uitnemendheid vir hierdie kultivar, implementeer die groep ook bemarkingstrategieë om 'n internasionale aanvaarding van die wyne te verseker. sbig@dw.co.za

Shiraz forum
jborman@adept.co.za

Suid-Afrikaanse Port Produsentevereniging   
Die Port Produsentevereniging, gevestig deur Carel Nel van Boplaas in die Klein Karoo, het onder meer gesorg dat spesiale proepanele vir die verskillende wynkompetisies saamgestel is. Hulle bevorder veral die gebruik van Portugese variëteite en die produksie van verskillende style soos ruby en oesjaar. Tuisblad of boplaas@mweb.co.za