Wie is WynSA?
Ons Praat Oor Wyn in Afrikaans
WynSA het sowat vier jaar gelede die lig gesien nadat twee van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse wynskrywers gesien het dat daar feitlik geen generiese webwerwe oor wyn in Afrikaans beskikbaar is nie.
Met jare se ervaring as wynskrywers en bemarkers van verskillende produkte in die Suid-Afrikaanse wynmark, het hulle koppe bymekaargesit en met hierdie versnit van Afrikaanse wynnuus vorendag gekom. Die personn agter WynSA is Danie Keet, bekende joernalis in the Wes Kaap en Boland omgewing.
En net soos dit gaan met die bereiding van ‘n goeie wyn, het hierdie webwerf ook tyd nodig gehad om sy lyf te kry. Dit was byna drie oesjare gelede wat ons die eerste maal op die rak beland het. Sedertdien was daar herontwerpe en vernuwings en hier is ons nou weer – ‘n vars 2019-oesjaar met talle nuwe idees en moontlikhede.
En net soos met ‘n wen-wynresep waaraan nie veel gekarring word nie, volg ons dieselfde voorbeeld.
Ons skryf oor wyn in Afrikaans en dit is dit.
Maar ons sal graag alles oor wyn in Afrikaans vir ons lesers wil bring. As julle dus voorstelle het, laat weet ons en ons maak ‘n plan. Ons ken al wat ‘n wynmaker en wynprodusent in die land is. Vra en ons sal vir jou die antwoord kry.
Ons gaan vir jou nuus gee oor nuwe wyn in die mark, onderhoude met wynmakers en -bemarkers, die legendes van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, kompetisies waarin jy wyn kan wen, maar ook bedryfskompetisies waaroor jy meer kan leer, inligting oor wyn-organisasies wat die bedryf se vele vertakkings bevorder en nog vele meer – hier sal altyd iets nuuts wees vir jou.
Ons is nog besig om die vate vol te maak, maar hier is reeds lekker nuus.
Volgende kom ons video-afdeling en dan ‘n hele kelder vol inligting oor brandeywn – een van die boustene van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
Bly by ons – saam gaan ons nog die Suid-Afrikaanse wynbedryf in Afrikaans ‘n pret-plek maak om te besoek.