Sluk Jou Woorde is ‘n prettige wynreeks wat jou na die volgende bottel sal laat soek – oor die inhoud van die bottel self, maar beslis ook oor die uniek-ontwerpte etiket en die storie wat dit vertel.

Baie gesels, dink, toets, proe en herontwerp en daar staan hy – Sluk jou woorde – elke sluk vertel ‘n storie – het in 2016 vir die eerste keer die Stellenbosse lug geproe.

Ons wil die wynbedryf in Afrikaans ‘n pret-omgewing maak. Weg is die dae van stywenekwynproeë en -besprekings, van neus, en teug en adem en nasmaak en lang palet in die middelmond – almal ingewikkelde wynterme wat skynbaar net vir die geleerdes en kenners bestem is.

Besoek ons Tuisblad vir verdere inligting