Groot Constantia – steeds die oorspronklike SA-wynikoon
In die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse wyn staan een naam uit as waardige simbool van die tydlose prag van die Constantiavallei – Groot Constantia. Hierdie uitgelese landgoed vier sy 340ste verjaardag op 13 Julie 2025.
Groot Constantia is die oorspronklike wynlandgoed in Constantia, met ‘n geskiedenis wat diep verweef is in die wingerd en die kuns van wynmaak. Dit is ‘n plek met ‘n verhaleskat van verdeeldheid en hereniging – ‘n getuigskrif vir die karakter van die mense wat hierdie historiese grond bewerk het. Elke mylpaal is ‘n hoofstuk in die nimmereindigende storie van Constantia se nalatenskap.
Mylpale
Groot Constantia is in 1685 gestig en het ‘n gebeurtenisvolle geskiedenis vol hoogtepunte en uitdagings. In 1712 het ‘n ingewikkelde grondverdeling die landskap omskep en lei tot die daarstelling van Bergvliet en Hoop Op Constantia, naas die oorspronklike landgoed. Net soos die wingerde in die granietryke grond floreer, het Groot Constantia ook gedy, en in 1975 eis hy weer sy geskiedkundige uitgebreidheid op. Met die samesmelting van gedeeltes van Hoop Op Constantia en Nova Constantia is grond wat oorspronklik deel was van Simon van der Stel se 1685-konsessie weer herenig.

Verdeling
Die landgoed het ook die aandag van uitgelese wyngeselskap getrek. In 1713 kom die voormalige skeepskaptein en VOC vise-admiraal, Harmens de Marre, onder die betowering van die landgoed se poëtiese skoonheid. Hy publiseer ‘n gedig daaroor wat later as inspirasie dien vir die beroemde soetwyn van Constantia, die Grand Constance, en hiermee begin ‘n verhaal wat oor eeue sal strek. Sover terug as die Napoleoniese era word die wyn met geskiedkundige prestige die gunsteling van koninklikes. Van goue medaljes by die 1878 Exposition Universelle in Parys tot eerbewyse by die Melbourne Internasionale Uitstalling in 1881, geniet Groot Constantia se wyne die kollig van globale aansien, en so word die landgoed se nalatenskap algaande verryk.

Vernuwing
Groot Constantia het oor die eeue reuse-uitdagings in die gesig gestaar. In 1925 het die herehuis afgebrand, en in die laat 19de eeu was daar ‘n katastrofiese Phylloxera-aanval. Daar was vele ander terugslae, maar elkeen is nie net oorkom nie, maar gebruik om die landgoed sterker te maak. Teen 1926 is die herehuis ten volle herstel en in 1927 open dit amptelik as ‘n museum. In 1984 word die opstal en die Groot Constantia-landgoed as ‘n nasionale monument verklaar.
Nalatenskap
Die hartklop van Groot Constantia weerklink oor sy 340-jarige bestaan. Met erkenning van die WWF Wêreldnatuurlewefonds as ‘n bewaringskampioen, weerspieël die landgoed se vennootskap met die wyn- en landbouvereniging vir etiese handel – WIETA – ‘n diepe toewyding aan die omgewing. Voorts, in 1993 baan die Groot Constantia-wet die weg vir ‘n nie-winsgewende maatskappy om eienaarskap van die landgoed oor te neem , ‘n verdere bewys van sy toewyding aan die bewaring van Suid-Afrikaanse wynkultuur.
‘n Besoek aan Groot Constantia is ‘n uitnodiging om meer oor die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te leer, om langs die paadjies van tyd te wandel, en om die vrug van die wingerd te geniet. Met sy 340ste verjaardag om die draai, nooi Groot Constantia alle besoekers uit om deel van hierdie mylpaalviering, waar elke glas wyn ‘n storie vertel, te wees.
Om ‘n dieper waardering vir die landgoed se 340-jarige geskiedenis te kry, moet ‘n mens Groot Constantia se besoekers-roete ervaar. Dit is ‘n selfbegeleide toer met toegang tot die Herehuismuseum en die Cloete-kelder, die tuiste van Grand Constance, waar die essensie van die landgoed se geskiedenis in bewaring gehou word. Komplimentêre toegang tot drie oudiostaptoere lei besoekers deur die wingerde, herehuis en moderne produksiekelder, en elkeen bied ‘n unieke blik op die landgoed se geskiedenis. Soos wat besoekers die landgoed verken, sal hulle ook op ‘n opvoedkundige keldertoer gaan waar die fynere besonderhede van die wynmaakproses van nader beskou word. Ingesluit hierby is ‘n wynproesessie wat besoekers die besondere geleentheid bied om vyf wyne van hulle keuse, wat elkeen die terroir en meesterskap van die wynmakers tentoonstel, te kan uittoets.


