Skryf jou sauvignon blanc in vir top 10-prys

inskrywings nou oop vir jaarlikse sauvignon blanc top 10 

Produsente kan nou inskryf vir die 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie – die enigste plaaslike kompetisie wat uitsluitlik op Sauvignon Blanc fokus.

Sauvignon Blanc Suid-Afrika bied die kompetisie aan in vennootskap met die titelborg FNB en die platinumborg Ever Solutions. Dié jaarlikse geleentheid gee wynmakers die kans om die gehalte van hul wyne teen ander te meet en ook om die verskeidenheid style en streke van Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc aan ‘n wyer gehoor bekend te stel.

Nuwe sameroeper

Die wynkundige dr Carien Coetzee, ‘n ervare sauvignon blanc-beoordelaar, lei vanjaar die beoordelaarspaneel. Sy glo die waarde vir produsente is veelvuldig: “Dié kompetisie wys elke jaar hoe veelsydig Suid-Afrikaanse sauvignon blanc is – van streekspesifieke eienskappe tot verskillende style, insluitend wyne wat goed verouder. Ons sien gereeld hoe jong én ouer oesjare uitblink, of dit nou houtverouder, vars en vrugtig, of iets nuuts is.”

Die wynkundige dr Carien Coetzee, ‘n ervare sauvignon blanc-beoordelaar, lei vanjaar die beoordelaarspaneel van die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie.

Volgens haar bied ’n plek in die Top 10 veel meer as net blootstelling: “Wynprodusente vertel dat die FNB Top 10-status hulle ’n beduidende hupstoot gee – dit dra by tot geloofwaardigheid, verhoog verkope en help met prysposisionering. Dis skep ook ’n duidelike mikpunt as ‘n maatstaf in vergelyking met ander produsente.”

Die beoordeling vind van 26 tot 28 Augustus by Bontevlei naby Stellenbosch plaas. Saam met Coetzee op die paneel is wynmakers en -kenners dr Winifred Bowman CWM, Morgan Steyn van De Grendel, Praisy Dlamini van Adama Wines en Juandre Bruwer van Diemersdal. Twee protégé-beoordelaars, Liezl Richards van Gabriëlskloof en Lauren Segers-Jewell van Wine Cellar, neem ook deel.

Die 20 finaliste word in September bekendgemaak, en die Top 10 sal op Woensdag 15 Oktober by die amptelike FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-toekenningsfunksie aangekondig word.

Inskrywingsinligting:

  • Aanlyninskrywings:com/top10-entry
  • Koste:R1600 vir lede | R2100 vir nie-lede
  • Sperdatum:Dinsdag 12 Augustus 2025
  • Laat inskrywings:Tot 19 Augustus 2025 (teen ‘n verhoogde fooi)

Foto-onderskrifte:

  1. Produsente kan nou inskryf vir die 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie.
  2. Die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-status gee aan produsente ’n beduidende hupstoot.
  3. Die wynkundige dr Carien Coetzee, ‘n ervare Sauvignon Blanc-beoordelaar, lei vanjaar die beoordelaarspaneel van die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie.

 

 

 

Leave a Reply