Kom proe Veritas-wenners

Veritas-wynproeë weer op dreef

Die nuwe jaar skop af met uitstekende nuus vir wynliefhebbers. Die uiters gewilde Veritas-wynproeë vir die publiek om die Dubbelgoue en Goue wenners eerstehands te ervaar, word binnekort in Kaapstad, die Paarl en Stellenbosch aangebied.

Met een van die mees suksesvolle jare van die Veritas-wynkompetisie agter die rug in 2021, kan wynliefhebbers nou die 235 DG – en G – wyne en brandewyne weer na hartelus proe nadat die Covid pandemie die proeë vir ‘n tydperk onderbreek het.

Die uitslae van die 2021 – kompetisie is eers in November verlede jaar aangekondig, en daarom word die proeë nou eers aangebied.

Dit sal ook die eerste keer wees dat wynproeërs die VinoVeritas App by ‘n wynproe sal kan gebruik deur hulle wyn te bestel soos wat hul dit loop en proe. Die App is reeds in 2020 bekendgestel.

In nakoming van die Covid-regulasies is daar ‘n beperking op die aantal kaartjies by elke proegeleentheid, en al die nodige Covid-protokolle sal by die proeë toegepas word.

Proe details is soos volg:

24 Februarie – Deloitte Hoofkantoor gebou, Waterfront, Kaapstad

08 Maart – Spier Historiese Wynkelder, Stellenbosch

Die proeë begin om 17:00 en eindig om 20:00

Die prys van die kaartjies is R220 per persoon, wat ‘n elegante glas insluit. Ligte verversings sal te koop wees.

Bespreek op die Quicket – webtuiste.