Meesterlike Nuy Shiraz onder SA se top 100 wyne

Dubbelplatinum vir spesiale shiraz

Nuy Wynkelder roem sedert 1963 op hul hoeksteen van gehalte, wat pas weer bevestig is met Nuy se insluiting in die gesogte Top 100 Suid-Afrikaanse Wyne vir 2024.

Vanjaar skitter Nuy se Mastery Shiraz 2022 in die top 100 ná dit ‘n dubbel-platinumtoekenning in die hoogaangeskrewe 14de National Wine Challenge (NWC) verower het. Daarbenewens het Nuy ook drie dubbel-silwertoekennings ontvang vir hul 2024 Inspiration Chenin Blanc, Sauvignon Blanc en Sparkling Sauvignon Blanc.

Nuy Wynkelder is aan die voet van die Langeberge in die Nuyvallei in die Wes-Kaap geleë. Keldermeester Christo Basson sê hulle wynmaakspan is verheug oor hul jongste prestasie. “Hierdie toekennings bewys ons is op die regte pad om wyne te maak wat wyndrinkers sal geniet,” sê Basson.

Meer oor die 2022 Mastery Shiraz

Paul Burger, senior wynmaker van Nuy Wynkelder, sê die 2022-oesjaar van die Mastery Shiraz is uitsonderlik omdat dit vrugte, hout en tanniene naatloos byeenbring.

“Die diep, robynrooi kleur beloof ‘n volronde karakter,” sê Burger. “Dié belofte word nagekom met aromas van braambessie, pruim en vanielje, ‘n ryk en fluweelagtige tekstuur, smake van ryp swartvrugte, lae van hout-kompleksiteit, en ‘n nasmaak van donkersjokolade en espresso.”

Die wyn is vir 18 maande in ‘n kombinasie van Franse en Amerikaanse eikevate verouder. Geniet dit dadelik of bêre dit om oor die volgende paar jaar verder te ontwikkel.

Proe en koop

Die Mastery Shiraz 2022 is aanlyn beskikbaar teen R140.00 per bottel of R840.00 per kis by https://nuyWynkelder.co.za/product/mastery-shiraz-2022/. Besoek gerus Nuy on the Hill, Nuy Wynkelder se gewilde bestemming op die R60-roete tussen Worcester en Robertson. Openingstye is Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:00 en Saterdae en Sondae van 09:00 tot 16:00.

Mastery Shiraz 2022
Nuy on the hill die kelder se u nieke onthaalkelder en restaurant.

 

 

Leave a Reply