Atkin glo SA-wyne nou beste ooit

Tim Atkin-verslag – SA-wyne beste in geskiedenis

Die vooraanstaande Britse wynskrywer Tim Atkin MW het sy jongste indiepteverslag van die Suid-Afrikaanse wynbedryf bekend gestel. En boonop het Stellenbosse wyn en -wynmakers vyf van Atkin se podiumplekke verower.

Sy jaarlikse verslag, nou in sy agtste jaar, word beskou as een van die volledigste en gesaghebbendste oorsigte van Suid-Afrikaanse wyn.

“Ondanks al die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar, maak Suid-Afrika vandag die beste wyne in sy geskiedenis. Oor die dekade van hierdie verslae saamstel, was dit verblydend om die algehele verbetering in gehalte en die tentatiewe verrysing van ’n sektor vir voortreflike wyn te sien met bottels wat bespreek, geberg, gekoester, gedeel en op veilings verkoop word.

“Eerder as net ’n paar individue, het ons nou ’n sterrebeeld wat helder bo ons in die hemel skyn en bestaan uit meer as 100 wynmaaksterre.

“Dit is my agtste South Africa-verslag,” verduidelik Tim, “en dit was baie anders in terme van sy voorbereiding in vergelyking met die vorige sewe. Danksy die hulp van Wines of South Africa en ander was ek egter in staat om feitlik alles te proe wat ek wou en met vooraanstaande wynmakers, wingerdboukundiges en bedryfsleiers te praat.

Vir slegs die tweede keer ooit het Atkin die hoogste moontlike telling toegeken aan ’n wyn uit die Nuwe Wêreld. Vanjaar het twee wyne, een rooi en een wit, volpunte aangeteken.

“Vanjaar het ek twee perfekte tellings van 100 punte toegeken. Hierdie is slegs die tweede en derde wyne wat hierdie prestasie behaal (die eerste was die Kanonkop Sauer 2015, in 2018),” sê hy. “Hierdie merkwaardige wêreldklaswyne is die Porseleinberg Syrah 2018 uit die Swartland en die Sadie Family Skurfberg Chenin Blanc 2019 van die Olifantsrivier.

“Maar dis nie al nie, 23 ander wyne het 97 punte of meer aangeteken. Chenin blanc is die kultivar wat uitstaan in hierdie oesjaar met 32 chenins wat 95 punte of meer aangeteken het, maar skaarser druifsoorte soos colombard, tinta barocca en palomino tel ook onder my 153 wyne van die jaar. Ek salueer al die wennende wynmakers vir hul ongelooflige pogings en kan nie wag om hulle binnekort weer persoonlik te sien nie.”

Atkin gee ook erkenning aan die uitsonderlike wyne en wynmakers van die jaar. Sy 2020-podium verskyn hieronder.

Atkin se verslag het die gewilde gids vir die dinamiese Suid-Afrikaanse wyntoneel geword en het wye erkenning ontvang.

Kristen Duff van die voorste Kaapse kleinhandelaar, Publik Wine sê:” Tim Atkin het nie net die vernaamste kommentator oor Suid-Afrikaanse wyn geword nie, maar moontlik ook die bedryf se grootste internasionale vriend en vennoot. Wat hom uitsonder, is sy holistiese benadering – terwyl hy baie moeite doen om die ‘objektiwiteit’ van individuele wyne te beoordeel en kritiseer, sluit sy beoordeling ook breër sosio-ekonomiese en menslike elemente in.”

Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wines of South Africa: ““Jaar na jaar sien ons Suid-Afrikaanse wyne in statuur groei. Dit word weerspieël in ’n reeks internasionale kompetisies en graderings, en ons is vol vertroue dat Tim Atkins se 2020-verslag weer eens die uitmuntende gehalte van ons wyne sal uitlig. Om Atkin se stempel van goedkeuring op ’n wyn te hê, is ’n duidelike aanwyser vir kopers en verbruikers dat hulle dit met vertroue kan koop.”

Arkin se wenners wat vanjaar op sy podiumverskyn is:

Wynmaker van die Jaar: Gottfried Mocke van Boekenhoutskloof

Jong  Wynmaker van die Jaar: David en Nadia Sadie van David & Nadia

Druifverbouer van die Jaar: Johan Reyneke van Reyneke Wines

Koöperasie van die Jaar: Riebeek Valley Wine Company

Wynmaaklegende: Peter Finlayson van Bouchard Finlayson

Beste kelder-ervaring: Delaire Graff, Stellenbosch

Algehele witwyn van die Jaar: 2019 Sadie Family Skurfberg Chenin Blanc, Olifantsrivier

Algehele rooiwyn van die Jaar: 2018 Porseleinberg Syrah, Swartland

Algehele rosé van die Jaar: 2019 Lievland Liefkoos Rosé, Stellenbosch

Algehele vonkelwyn van die Jaar: 2014 Graham Beck Cuvée Clive, Wes-Kaap

Algehele soetwyn van die Jaar: 2017 Klein Constantia Vin de Constance, Constantia

Algehele gefortifiseerde wyn van die Jaar: 2018 De Krans Cape Vintage Reserve, Calitzdorp

Rooiwyn-ontdekking van die jaar: 2017 Miles Mossop Sam, Stellenbosch

Witwyn-ontdekking van die jaar: 2019 Thorne & Daughters Snakes & Ladders Sauvignon Blanc, Citrusdalberg

Beste waarde-witwyn van die jaar: 2019 Eikendal Janina Unwooded Chardonnay, Wes-Kaap

Beste waarde-rooiwyn van die jaar: 2019 Boplaas Touriga Nacional Family Reserve, Calitzdorp

Beste waarde-rosé van die jaar: 2019 Meerhof Grenache Rosé, Swartland

Beste waarde-vonkelwyn van die jaar: 2011 Bon Courage Jacques Bruère Blanc de Blancs, Robertson

Beste waarde-soetwyn van die jaar: 2019 Klawer Cellars Villa Esposto Straw Wine, Citrusdalberg

Beste waarde-gefortifiseerde wyn van die

Callie Louw van Porseleinberg

jaar: 2014 Alvi’s Drift Muscat de Frontignan,

David en Nadia Sadie, die jong wynmakers van die jaar.

Johan Reyneke, kweker van die jaar.

Peter Finlayson, met reg die wynmaaklegende van die jaar.

Tim Atkin glo Suid-Afrika se wyne is tans van die beste in sy geskiedenis.

Worcester

Eben Sadie van Sadie Family Wines