Ekslusiewe Iconoclast Kaapse versnit het ’n vreeslose gees met ’n groot hart
Die Delheim-wynlandgoed het ’n eenmalige, ekslusiewe Kaapse versnit vrygestel wat die lewe van oorlede Spatz Sperling, herdenk. Die wyn, Iconoclast, en is van die 2012-oesjaar. Dit huldig die Suid-Afrikaanse wynpionier en sy vreeslose uitdaging van konvensionele wyshede.
Spatz se oom, Hans Hoheisen en tannie, Del, het Delheim in 1939 gekoop. Die nuwe wyn se vrystelling val ook saam met Delheim se 80ste herdenking vanjaar.
Iconoclast is ’n versnit van vier kultivars, maar nie ’n tipies Kaapse versnit, wat tradisioneel Suid-Afrikaanse pinotage as die hoof-kultivar gebruik, nie. Dit is shiraz-gedrewe, ’n klein aweregsheid wat Spatz sou laat glimlag, nie net omdat dit stroom-op is nie, maar ook omdat shiraz sy gunsteling was.
Die versnit word afgerond met pinotage, cabernet sauvignon en petit verdot.
Spatz is in Oktober 2017 in die ouderdom van 87 oorlede. Hy het konvensionele gebruike en oortuigings uitgedaag en het ’n pionier-ikoon van die Suid-Afrikaanse wynbedryf geword, ten spyte van vele hindernisse. Die wynbedryf se hoogste erkenning vir sy uitmuntende bydrae is in 2009 gemaak, toe die 1659-erepenning in die jaar wat Suid-Afrika 350 jaar van wynmaak gevier het, aan hom oorhandig is.
Iconoclast is ’n weerspieëling van Spatz. Afgelei uit die Griekse woord, eikon, wat “voorkoms” of “beeld” beteken en klastes, wat “breker” of “storm” beteken; word iconoclast gebruik om individue – ongekunstelde individualiste en groot denkers – te beskryf. Selfs die logo se inspirasie kom van Spatz, want hy is nooit sonder sy hoed en sy Jack Russell, Nelson, gesien nie.
Die wyn is na sy karakter gemaak en het ’n donker robynrooi kleur met ’n intense middelpunt. Die geure wissel van donker kersies, aalbessies, bosbessies, gedroogte kruie, speserye en tabak en parfuum-ondertone. Die tannien-struktuur is ferm en word ondersteun deur donker vruggeure en speserye, wat hierdie wyn ’n uitsonderlike versnit maak. Elke kultivar se unieke karakter kom tot uitdrukking.
Die wyn is met respek gemaak en die vrugte met sorg met die hand gepluk.
Die shiraz kom van ’n enkel-blok 20-jaar oue bosstokke en die druiwe is in ’n klein gistingstenk geplaas, wat die wynmaakspan toegelaat het om die gistende doppe drie maal per dag af te druk. Die gisting is met natuurlike gis begin, voor uitgesoekte gis-selle ingemeng is.
Ou pinotage-bosstokke wat teen die hange van Klapmutskop geplant is en bekend is vir hul uitstaande kwaliteit, is ook bygevoeg. Dit is deur klein gistingstenke verwerk en elke drie ure afgedruk om so veel moontlik die pinotage-karakter te onttrek.
Die cabernet sauvignon kom van bosstokke op ’n helling wat oos front, wat stadige rypwording en die optimale oestoestande, skep. Die druiwe is in ’n regop gistingstenk met gereelde oorpomping en délestage gedurende dié periode gegis.
Die petit verdot-druiwe is ook ontstingel en in ’n regop gistingstenk gemaal. Die temperatuur is tydens gisting streng gekontroleer, om optimale onttrekking toe te laat.
Spatz het in 1951 as ’n 20-jarige van Duitsland aan die Kaap arriveer, om by sy oom en tannie op hul pragtige plaas, Delheim, ’n naam afgelei van die Duitse betekenis, Del se Huis. Hy het die plaas in die Simonsberg oor die volgende bykans 70 jaar in een van die gewildste en suksesvolste wyn-bestemmings omskep en baie eerstes vir die bedryf vermag.
Die plaas is deur die familie bestuur en het ’n mikro-kosmos geword van Spatz se visionêre werk in die groter Stellenbosch-gemeenskap en in die Kaapse wynlande as geheel. Daardie dae was daar baie min plase in privaat-besit en Spatz, Sydney Back van Backsberg en Frans Malan van Simonsig, was instrumenteel om wynlandgoed-wetgewing te verander. Spatz was saam met Frans Malan van Simonsig en Neil Joubert van Spier, die stigterslede van die Stellenbosch-wynroete.
“Ons het soveel jare geswoeg – en amper gemors – om net die plaaslike kliënte se voorkeure en verwagtinge te leer ken, terwyl dié wat hier gebore is, dit soveel makliker onder die knie gekry het,” onthou Vera Sperling. “Tale, voorkeure, gewoontes en politiese oortuigings was alles vir hom vreemd omdat hy geen voorgeslagte hier gehad het nie en ek voel dikwels dat hy nooit regtig ingepas het nie. Geen wonder hy was bekend as ‘die moeilike Duitser nie’!
“Veel later besef mens eers dat sukses berus daarop om die klein jakkalsies oor te sien, om die belangriker aspekte te laat seëvier.”
Spatz se onuitputbare energie is net geëwenaar deur sy lewensgroot-karakter en gevatte humorsin, wat hom die hart van elke partytjie gemaak het. Hy was ’n vrygewige en opregte vriend vir baie mense uit alle vlakke van die samelewing – omtrent soos die karakter wat in elke bottel van Delheim se nuwe Iconoclast huldigingswyn, ontsluit word.
Die wyn se kleinhandel-prys is R1000 per bottel. Slegs 2100 bottels Iconoclast is deur dié Stellenbosch-staatmaker, gemaak. Die wyn het 94/100 punte behaal in die South Africa Special Report 2019 deur die internasionaal-gerekende wynkritikus, Tim Atkin, ’n Britse Wynmeester (MW).

Iconoclast, ‘n spesiale rooiversnit wat die lewe van Spatz Sperling, en 80 jaar van gehaltewynmaak op Delheim, gedenk.