Gedenk SA se sauvignon blanc

Sauvignon blanc-dag vier 72 kultivargeure

Internasionale sauvignon blanc-dag is net ’n glas weg. Vanjaar nooi Sauvignon Blanc Suid-Afrika wynliefhebbers om #SauvBlancDay op Vrydag, 1 Mei 2026, te vier – en dit regdeur die maand te vier deur 72 geure van hierdie merkwaardige kultivar te verken.

Suid-Afrikaanse sauvignon blanc is een van die land se mees karaktervolle kultivars – bekend vir sy veelsydigheid en die manier waarop dit plek, styl en die wynmaker se hand weerspieël – van vars, kusgedrewe style tot komplekse wyne met uitstekende verouderingspotensiaal.

“Ons sauvignon blanc-aromawiel sluit 72 geurprofiele in – een dag is eenvoudig te kort om die volle veelsydigheid daarvan te ervaar,” sê Elunda Basson, voorsitter van Sauvignon Blanc SA en keldermeester by Steenberg Vineyards.

Elunda Basson, voorsitter van Sauvignon Blanc SA.

 

 

 

 

 

 

 

“Skink ’n glas, laai die gratis aromawiel van ons webwerf af en ontdek waar jou gunstelingwyne hul plek binne die 72 geure vind. Maak #SauvBlancDay jou eie – van saamkuier op die stoep tot besoeke aan jou gunsteling wynplase – en ontdek die ongelooflike verskeidenheid wat ons produsente bied. Volg ons op sosiale media om meer uit te vind oor geleenthede, proeë en lekker kompetisies in Mei, en deel jou #SauvBlancDay-oomblikke.”

Lukas Wentzel van Groote Post Vineyards bied’n proe van ses Sauvignon Blanc SA Top 10-wyne by die Suidoosterfees aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sauvignon blanc by Suidoosterfees

In 2026 val internasionale sauvignon blanc-dag saam met die Werkersdag-langnaweek en die Suidoosterfees in Kaapstad. In die gees van vanjaar se tema, Tuis, deel Sauvignon Blanc SA die storie van die kultivar met proe-ervarings by die Nasdak-venue in die stad. Hierdie 90-minute sessies sluit ’n begeleide wynproe met ’n fynproe-happie in (R250 per persoon via Webtickets):

Danie van der Merwe (Die Wynmeester) lei ’n proe van sauvignon blanc se vele style by die Suidoosterfees aan.
  • Kelderklas-wynproe– Donderdag, 30 April om 18:30. Sluit aan by J.P. Quickelberge van VIA se Kelderklas, vir ’n eksklusiewe #SauvBlancDay-proe.
  • FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-proe– Vrydag, 1 Mei om 13:00. Lukas Wentzel (Groote Post) verken terroir deur ‘n proe van ses uitstaande top 10-wyne.
  • Die wynmeester: Kom proe saam– Vrydag, 1 Mei om 18:30. Danie van der Merwe (Die Wynmeester) en die wynmakers Hagen Viljoen (Zevenwacht), Mosima Mabeledele (Le Grand Domaine) en Jean Nel (Cederberg), deel insigte oor wynmaak en die vele uitdrukkings van sauvignon blanc
  • Durbanville sauvignon soirée– Vrydag, 8 Mei, 17:00–20:00. Sluit by Durbanville Wynvallei aan en geniet ‘n aand van koelklimaat-sauvignon blanc en musiek by Cassia, Nitida-wynlandgoed. Geniet onbeperkte proeë van 12 Durbanville-produsente, sowel as ’n keur van ander wyne, insluitend die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10 van 2024 en 2025. Kaartjies: R260 via Quicket.

 Stories

Vir diegene wat dieper wil delf, is daar The Story of South African Sauvignon Blanc, ’n koffietafelboek oor die mense, plekke en filosofieë agter die kultivar. Die boek vertel die stories van 60 produsente volgens streeksoorsigte, wat dit terselfdertyd ’n versamelstuk en ’n praktiese gids maak. Dit is beskikbaar by www.sauvignonblanc.com, geselekteerde wynplase en bekende feeste in Mei, insluitend die Stoep Tasting in Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda, asook die Netwerk24- en Die Burger Wynfees by Meerendal Wine Estate.

In die gees van #SauvBlancDay deel ons insigte uit die boek, waar vooraanstaande stemme agter die wyne deur ’n gemeenskaplike draad verbind word – passie, plek en ’n diep geloof in die potensiaal van Sauvignon Blanc:

 “Ons glo mense sal in die toekoms minder drink, maar beter drink. Sauvignon blanc – gemaak met spontane fermentasie, houtveroudering en alternatiewe style – is dus uitstekend geposisioneer.” – Neil Ellis, Neil Ellis Wines, Helshoogte

 “Ek wil hê mense moet my wyne drink en aan hierdie berge dink – uniek en onaangeraak.” – David Nieuwoudt, Cederberg Wines, die Cederberg.

“My wynfilosofie is eenvoudig: hou dit eenvoudig en tree op as ’n vertaler van terroir, veral wanneer ek sauvignon blanc maak.” – Morgan Steyn, De Grendel Wines, Durbanville

 “Die doel is nie om ’n styl na te jaag nie, maar om die terroir toe te laat om homself uit te druk.” – Matthew Day, Klein Constantia, Constantia

 “Ons moet dapper genoeg wees om meer met die kultivar te eksperimenteer – om dit ’n bietjie meer die voordeel van die twyfel te gee en te vertrou dat dit hom op verskeie maniere kan uitdruk.” – Trizanne Barnard, Trizanne Signature Wines, Elim

 “Miskien sal toekomstige geslagte terugkyk na wat ons in die 2020’s op Diemersdal gedoen het en sê die plaas se reis met sauvignon blanc het toe eers begin.” – Thys Louw, Diemersdal, Durbanville

 “Ons Sauvignon Blanc is ’n wyn vir sonskyn, kos, die buitelug en die viering van die lewe. Wie wil nie ’n wyn maak wat soveel vreugde bied nie?” – Nongcebo Langa, Delheim, Simonsberg

 “Dit word dikwels afgemaak as nie ‘ernstig’ genoeg nie, maar ek glo die teendeel: sy hoë suur en lae pH gee Sauvignon Blanc groot potensiaal vir kompleksiteit en veroudering.” – Barbara Melck, Reyneke Wines, Polkadraai-heuwels

 “Ligte houtveroudering en verlengde moerkontak lei tot ’n nuwe generasie top Blanc Fumé-wyne uit koeler gebiede. Hierdie wyne het uitstekende verouderingspotensiaal, met sommige wat eers twee jaar ná bottelering vrygestel word.” – Conrad Vlok, Strandveld Vineyards, Elim

 Sauvignon Blanc Suid-Afrikawerk nou saam met die volgende borge:   Top 10-titelvennoot FNB, platinumvennoot Ever Solutions SA, asook Vinventions, Hillebrand Gori (’n maatskappy van DHL), Famille Sylvain en BeveraTech.

 

Die Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc-aromawiel