Staan nader met jou beste ho-ho-huppel, wanneer Luddite-wyne en Genevieve MCC Kersvader se sleë volpak en hul reis na Kaapstad aanpak. Dié erkende duo sal ’n goeie dosis Botrivier-glans en glorie by drie opwindende geleenthede sprinkel.
Rooiwyn-wynmaestro, Niels Verburg en MCC-wonder Melissa Nelsen, span kragte saam met sjef extraordinaire Matt Manning, om ’n skouspel van drie baie spesiale Kersgety kos-en-wynaandetes aan te bied en die kollig te skyn op ’n streek bekend vir sy leuse, “regte wyn, wat deur opregte mense gemaak word”.
Matt is in Engeland gebore en het sy tande in Londen se voorste Michelin-ster restaurante geslyp. Met sy terugkeer na Suid-Afrika, het sy ingebore entrepreneursgees hom ’n nuwe pad as privaat-sjef laat volg – om sy liefde vir ’n hiper-sosiale eetstyl te eer – en só is The Chef’s Studio en Grub & Vine Restaurant in Kaapstad, gebore.
Die feestelike aandetes met Luddite en Genevieve MCC sal op 5, 6 en 14 Desember gehou word.
Die eerste twee word op ’n Donderdag en Vrydag gehou, waar ’n eksklusiewe tafel van net 20 gelukkige mense onthaal sal word op Matt se betowerende een-bestanddeel-aandete, ’n interaktiewe eetervaring, waar net een uitstal-bestanddeel oor vyf gange vertoon sal word. Hy bring egter hierdie keer ’n spesiale feeskinkel: sjef-sinterklaas Matt sal hulde bring aan die dekadente, nostalgiese disse wat tradisioneel gedurende feestyd die tafels laat kreun.
Vir die geleentheid op die 14de, is dit Niels se beurt om die sommelier-sinterklaaspakkie aan te trek en hy word vergesel deur sy vrou, Penny en vonkelende Melissa, oftewel “Die Vrolike Elfies”. Die aand neem die Grub & Vine op horings met ’n jeuglike vyfgang-fees. ’n Eksklusiewe vasgestelde spyskaart word bedien, met die doel om die uitmuntendheid van die Botrivier-wyne ten beste te vertoon.
Die wyne vir die aandetes sal die jongste oesjare van Genevieve MCC – die Genevieve 2015 en Genevieve Zero Dosage 2015 – sowel as Niels se Saboteur White, Saboteur Red en bekende Luddite Shiraz, wees.
Kersvader se sleë sal kreun onder ekstra wyne, wat beteken daar is oorgenoeg wat jy op die aande kan koop. Dis die ideale geleentheid om jou vakansie wyn-versameling aan te vul, nie waar nie?
Kaartjies vir elke aandete kos R750 per persoon. Sitplek aan Kersvader se tafel is beperk, so spring met jou besprekings!
The Chef’s Studio en Grub & Vine Restaurant is in Breestraat 103, Kaapstad, geleë.