Altesaam 29 jaar van erkenning vir uitnemendheid
Vandeesweek vind een van die hoogtepunte van wyn- en brandewyn-beoordeling op die plaaslike wynbedryf-kalender plaas, met van die wêreld se mees ervare proeërs wat in die Paarl aankom om vanjaar se inskrywings vir die Veritas-toekennings te evalueer.
Dit is die oudste en mees prestigeryke kompetisie van sy soort in die land, met 29 jaar van uitnemendheid in wynbeoordeling agter die rug.
Van die wêreld se voorste beoordelaars, in samewerking met hoogs ervare plaaslike beoordelaars, ontmoet by die Nederburg-veilingkompleks om die wyne en brandewyne uit te soek wat gesogte Veritas-medaljes ontvang en om die Vertex-toekenning vir die algehele wenwyn te identifiseer.
Die ingeskrewe wyne en brandewyne word oor vyf dae tot Vrydag 20 September geproe.
Die sewe mees mededingende kategorieë in terme van inskrywings ontvang is: rooi versnitte (217), sauvignon blanc (159), shiraz (149), cabernet sauvignon (129), chenin blanc (126), chardonnay (100) en pinotage (98).
Ontmoet die kenners
Christine Austin van die VK is ʼn gereelde besoeker aan Suid-Afrika. Sy het meer as 20 jaar se ervaring as wynskrywer vir ʼn aantal publikasies, insluitend The Yorkshire Post in noordelike Engeland en The iWeekend, ʼn nasionale koerant in die VK. Sy beoordeel by verskillende internasionale kompetisies en is vir geruime tyd al ʼn paneelvoorsitter van The International Wine Challenge. Sy is die organiseerder van die York Festival of Food and Drink, ʼn jaarlikse fees met meer as 15 000 besoekers, nou in sy 16de jaar.
VK-gebaseerde Joe Wadsack is tans mede-gasheer van die Britse TV-reeks BBC Food & Drink en die nuwe wyndeskundige van This Morning on ITV1
Michael Franz van Washington DC is ʼn gesoute wynjoernalis met 25 jaar se ervaring. Hy was ʼn wynrubriek-skrywer vir The Washington Post vir 12 jaar, voor die vestiging van sy eie aanlyn publikasie Wine Review Online waarvan hy die redakteur en besturende vennoot is, met meer as ʼn miljoen jaarlikse lesers. Hy is ook ʼn vryskutskrywer vir verskeie nasionale en internasionale tydskrifte. Hy beoordeel gereeld vir ʼn aantal nasionale en internasionale wynkompetisies op al ses kontinente.
Tersina Shieh, van Hongkong, is ʼn bemarker wat wynmaker geword het en het wyn gemaak in die VK, Portugal, Suid-Afrika, China en Nieu-Seeland. Sy streef daarna om die wynkultuur in Hongkong en China te bevorder en om die algemene verbruiker te inspireer om die produk van die wingerdstok pretensieloos te waardeer en geniet. Sy lewer bydraes tot verskeie wynpublikasies en het by menige internasionale wynkompetisies beoordeel. Tersina het in 2017-2018 vir ʼn jaar ʼn ruskans geneem om wyn regoor die wêreld te maak en het by nege wynmakerye gewerk en nog sewe wyngebiede besoek. Benewens haar wynmaak-kwalifikasies, spog sy ook met ʼn MBA-graad en is ʼn geoktrooieerde bemarker.
Jo Wessels, oorspronklik van Bloemfontein, is sedert 2015 in Duitsland gevestig en studeer tans.
Beoordeling
Die plaaslike span van beoordelaars bestaan uit ʼn verskeidenheid van wynmakers, navorsers, akademici, Kaapse Wynmeesters, wyn-aankopers, wynskrywers en konsultante.
Uitslae
Die medaljewenners sal op Vrydag 11 Oktober by in glansryke galadinee in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS), aangebied deur SA Litho, bekendgemaak word.
Die kompetisie
Die Veritas-toekennings, nou in sy 29ste jaar, is Suid-Afrika se voorste wynkompetisie. Wyn cognoscenti en verbruikers maak staat op ʼn Veritas-medalje as ʼn ongeëwenaarde stempel van gehalte.
Navorsing
Veritas en die kurkmaatskappy Amorim doen reeds oor die afgelope vyf jaar navorsing oor die hele spektrum van wynfoute – ʼn projek wat by hierdie week se proeë voortgesit word.
Die besturende direkteur van Amorim, Joaquim Sá, het gesê: “As vennote in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, beskou Amorim dit as belangrik by een van die land se voorste wynkompetisies om betrokke te wees. Ons rol is funksioneel van aard, waardeur sluitingsfoute gedurende die beoordelingsproses deur Vinlab-laboratoriumdienste geanaliseer word, wat ons toelaat om aan produsente terugvoer te gee oor enige relevante probleme.”
“Die doel is om kommunikasie en deursigtigheid te verbeter en daardeur wynmakerye en voorsieners wat geraak word, te help om die nodige stappe te neem om te verseker dat wyne in die gewenste toestand aangebied word. Die Veritas-platform laat ons toe om dít te vermag en dit is ʼn eer om ʼn vennoot in so ʼn professionele en inklusiewe opset te wees.”
Christo Pienaar, voorsitter van Veritas, Jo Wessels, Duitsland, Michael Franz, VSA , Tersina Shieh, Hong Kong, Christine Austin, VK, Joe Wadsack, VK en Bennie Howard, ondervoorsitter van Veritas