Kersfees op Middelvlei

Middelvlei bied ‘Kersliedjies met Sonsondergang’ aan | 12 Desember

Vier die feesseisoen met familie en vriende by Middelvlei se “Kersliedjies met Sonsondergang” wat op Sondag, 12 Desember, op hierdie bekende en gewilde Stellenbosse wynlandgoed aangebied word.

Dit gaan ’n geval van uitspan en ontspan wees want terwyl die kleingoed die plaasdiere leer ken, op die ruim grasperk baljaar of aan een van die prettige speletjies deelneem, kan die grootmense rustig agteroor sit en ontspan met een van Middelvlei se vele wyne. En as die weer saamspeel, sal ’n asemrowende sonsondergang ’n welkome bonus wees.

Maar wat is ’n Kersfees sonder ’n Kersvader? Vader Krismis sal spesiaal sy verskyning maak om geskenke aan die kleingoed uit te deel, en die aand sal afgesluit word met die sing van Kersliedjies.

Niemand sal ook honger huiswaarts keer nie want die aand se koste van R400 per paartjie sluit ’n boerebraai-geïnspireerde tapasbord in. Vars gemaakte soetmieliepoffertjies met ’n soet rissiesous, mini-braaibroodjies, hoendersosaties en boereworssosaties is onder meer op die spyskaart vir die aand. Nagereg is opsioneel ekstra. Daar word ook vir die kleingoed voorsiening gemaak met ’n peuselboks wat boerewors, aartappelskyfies, ’n sap en lekkergoed insluit teen R90 per kind.

Voorafbespreking vir hierdie spesiale geleentheid is noodsaaklik en kan gedoen word via epos by info@middelvlei.co.za.