Nuy Wynkelder het tydens die afgelope naweek se 2022 Veritas Toekennings drie dubbelgoud en twee goue medaljes verower. Nuy Wynkelder is ook die toppresteerder in die gefortifiseerde afdeling.
Die Veritas Toekennings is sinoniem met uitnemendheid in wyn en brandewyn – dié toekennings dateer uit 1991 en is die langste en mees gesogte wyn- en brandewynkompetisie in Suid-Afrika.
Die wyne wat vereer is, is:
Dubbelgoud:
Nuy Copper Potstilled Brandy
Nuy Wit Muskadel 2006
Nuy Rooi Muskadel 2000
Goud
Barbieri Idro Barrel Aged Red Muscadel 2015
Nuy Wit Muskadel 2012
“Ons is baie bly en dankbaar vir die erkenning vir ons brandewyn en muskadel, ons sien dit as spesialiteitsprodukte van Nuy Wynkelder,” sê Christo Pienaar, keldermeester van Nuy Wynkelder.


