Distell, Afrika se vernaamste wyn en spiritualieë vervaardiger en bemarker, is besig om te kapitaliseer op sy wortels in premium- en fynproewerwyne, met die bekendstelling van Libertas Vineyards and Estates, as ‘n nuwe onafhanklike maatskappy.
Libertas Vineyards and Estates se bestuurende-direkteur, Kay Nash, het gesê, dit was ‘n “betekenisvolle skuif” van Distell se vorige benadering waar premiumwyne bestuur is as ‘n eenheid binne dié wêreldwye maatskappy se multi-kategorieportfolio.
“Ons het die reis van premiumisasie begin op alle vlakke van die besigheid - van die fynproewerwynvaardighede, tot handelsmerke en handelsmerkervarings, portfoliostrukture en die maniere van werk, nuwe medewerking en wêreldwye roetes na die mark. Ons glo ons dade tel meer as woorde. Dus, vir nou is dit moue oprol en harde werk wat voorlê,” sê Nash.
Nash glo die skuif uit Distell, en die stig van ‘n onafhanklike raad van direkteure bestaande uit industrieleiers, sal die ware fokus op die kategorie van die premium- en fynproewerwyne plaas, terwyl dit ook voordeel van die omvang wat Distell bring sal ontvang, in kritieke dele van die waardeketting.
Die portefeulje sluit in Alto, Nederburg, Durbanville Hills, Plaisir de Merle, Pongrácz, Fleur du Cap en Allesverloren, asook die unieke erfenisbates van Chateau Libertas, Zonnebloem en die Tabernacle. Die nuwe onderneming sal ook die ikoniese Oude Libertas-terrein nuwe lewe gee, wat die nuwe tuiste van premiumwyn in Stellenbosch sal wees.
Die span van Libertas Vineyards and Estates voorsien die veranderings wat hulle dryf sal die manier hoe die besigheid bedryf word rewolusioneer, en sal meewerk om ‘n impak te hê op ‘n werêldverhoog, vir Suid-Afrikaanse premiumwyne,
“Ons maak dapper besluite oor hoe ons werk en kompeteer en Distell, met sy sterk wyn-DNS, is ‘n voorstaander vir die behoefte aan ‘n nuwe benadering. Daar is erkenning dat die kategorie uitdagend, en inherent kompleks is, en ‘n gespesialiseerde fokus, verskillende kultuur en ‘n ondernemersbenadering vereis.”
Cape Legends, gestig in 2004 en ontbind vier jaar gelede, het ‘n suksevolle fokus na die onderneming gebring – as ‘n bemarking- en verkoopsafdeling van Distell se premiumwyne. Nash sê: “Met Nederburg in ons portefeulje, sowel as eienaarskap van al ons bates, kan ons die fokus terugbring en ‘n ondernemerskultuur bou wat so kritiek is tot die sukses van die kategorie.”
Met haar sterk ondernemer- en bemarkingsagtergrond, is Nash aangewys om die verandering te lei. Sy het uitgebreide plaaslike en internasionale ervaring in sake- en bemarkingstrategie, en word erken as ‘n sakegroei- en veranderingsverteenwoordiger. Sy is ‘n passievolle voorstander vir die behoefte om die bedryf te premiumiseer, en dit te bereik deur ware medewerking.
Nash het gesê die “voortreflike fokus en passie” wat benodig word om die sukses in die fynproewerwyn-kategorie aan te dryf, sal ingespan word in die nuwe onderneming”.
Die maatskappy sal dié monumentale taak in fases aanpak.
Op die korttermyn is die eerste prioriteit om die groot portefeulje krities te hersien, het sy gesê.
“Ons het 8 handelsmerke en 40 sub-sub-handelsmerke in 88 wêreldmarke, dwarsoor 22 druifvariëteite, en wat 384 SKU’s oorbrug. Die koste van die kompleksiteit is aansienlik en belemmer ons vermoë om te fokus en wenaanbiedinge te steun.”
Nash het gesê as deel van die reis het hulle begin om die sekondêre produksie van vier terreine na ‘n enkele een by Nederburg te konsolideer, om ‘n meer effektiewe aanbodketting te verseker.
“Ons verstaan ook die kritieke belang van ons plase en vennote om pragtige wyne te maak, en ons wil aktief deelneem om oplossings te ontwikkel en in die verbetering van vaardighede van ons bedryf, sodat ons ‘n volhoubaar suksesvolle premiumwynbedryf kan bou.”
Opwindende planne word op verskeie vlakke gemaak en dit sluit ‘n herdefiniëring van die Nederburg Veiling, as ‘n belangrike platform vir skaars en fynproewerwyne in Suid-Afrika, in. Dit speel ‘n belangrike rol om die top-Suid-Afrikaanse wyne plaaslik en wêreldwyd te vertoon.
Daar is ook planne om die historiese Oude Libertas-terrein te gebruik om ‘n onderskeidende bestemming vir wyn, innovasie, kennis en handwerk daar te stel. Die strewe sluit ‘n medewerkende leef-werkspasie, ‘n handwerksentrum vir die verkoop van plaaslike kunsprodukte, ‘n hoëvlaktegnologie-wynmuseum vir die land se kollektiewe geskiedenis en ‘n mikro-wynmakery vir die ontwikkeling van jong wyntalent in.
Om mee af te sluit sê Nash: “Die krities belangrike en uitdagende mandaat is om medewerking en invloedryke verhoudings plaaslik te dryf om wêreldwye sukses vir Suid-Afrikaanse premiumwyne te behaal.”