Landgoed fokus kollig op spogwyne met hernude seisoenale kelder-ervaring
Op die vooraand van sy heropening op 12 November, is drie van die ikoniese Delheim-landgoed se wyne met vyf sterre bekroon in die Platter’s South African Wine Guide se 2021-uitgawe, onteenseglik die land se gewildste wyngids.
Die gesogte vyf sterre is aan die Grand Reserve 2017, Vera Cruz Pinotage 2017 en die Edelspatz Noble Late Harvest 2019, toegeken. Elkeen is ’n top-wyn in die Delheim-portefeulje en ’n Simonsberg Stellenbosch-ikoon in eie reg.
Die Grand Reserve is die wynkelder se apekswyn en die eerste oesjaar is in 1981 produseer. Dis ’n ware weerspieëling van wat die Stellenbosch-terroir kan bied vir van die land se beste “Bordeaux-styl” rooi wyne.
Die Vera Cruz Pinotage is ’n enkel-wingerd wyn, wat diversiteit tot Delheim se top-portefeulje bygedra het en bewys dat dit gereken word as een van die beste pinotages in Suid-Afrika. Die wyn het onlangs uitmuntendheid gevoeg tot die land se uitgesoekte pinotages as ’n ABSA Top 10 2020-wenner.
Die Edelspatz word sedert 1979 gemaak en is een van Suid-Afrika se geliefde edel laatoes wyne. Van aanstaande jaar sal die wyn deel word van die Old Vine Project (OVP), die Suid-Afrikaanse inisiatief om wyne wat van wingerde ouer as 35 jaar gemaak word – die eerste riesling-blok wat by die OVP geregistreer sal word. Die wyn was onder Winemag.co.za se Top 10 in die onlangse Prescient Dessert Wine Report.
Vroeër vanjaar het die Vera Cruz Pinotage 2017, die Edelspatz 2019 95/100 en die Grand Reserve 2017 93/100 behaal in die VK wynmeester, Tim Atkin, se Suid-Afrikaanse Spesiale Verslag 2020.
Hierdie nuus is ’n heerlike toeval vir wynliefhebbers wat hul wynversameling met Delheim se klassieke wyne met uitstekende verouderingspotensiaal wil aanvul.
Delheim verwelkom weer van Donderdag, 12 November, gaste op die plaas vir middagetes, ná die inperking maande van tydelike sluiting genoop het.
Die landgoed sien uit om hul opgeknapte kelder-ervaring waarin Delheim se leuse – Dit is die reis werd – in hierdie heropening sal eggo, met besoekers hierdie somerseisoen te deel.
Delheim is Suid-Afrika se wynroete-pionier en vir dekades ’n geliefde wynbestemming. Die plaas se idilliese en verhewe ligging kan weer eens geniet word, met die fokus op sy uitsonderlike wyne. Daar is nou twee verskillende wynproeë beskikbaar – die Premium Proe en die Reserve Proe.
Jy kan wynproe buite op die ruim stoep terwyl Tafelberg in die verte wink, of in die koel ondergrondse kelder.
Saam met heerlike wyne, bied Delheim ook ’n beperkte Swartbord-spyskaart middagete-ervaring met ou gunsteling en nuwe smake wat gereeld sal verander. Of geniet ’n kaas-en-vleisbord saam met jou wynproe.
Delheim is ’n wyntoerisme-leier en was die eerste landgoed in Suid-Afrika wat kaasborde bedien het en ook eerste om ’n restaurant te open – iets wat vandag se besoekers aan die Kaapse wynlande as vanselfsprekend aanvaar.
Nog ’n bekende wat terugkeer ná Delheim se Covid-breek, is die somersoetigheid – die wyn- en fynbos kolwyntjie pasmaat.
Die ervarings se kostes is:
Premium-wynproe waar besoekers vyf van die 10 wyne in die reeks kan proe – R85pp;
Reserve wynproe wat die Vera Cruz Pinotage, Chardonnay Sur Lie, Edelspatz, Grand Reserve en die eksklusiewe Iconoclast Kaapse Versnit insluit – R150;
Wyn en fynbos kolwyntjie pasmaat – R150pp. Dit is slegs beskikbaar van Donderdag tot Maandag om 11:00.
Kaas-en-vleisbord vir twee om te deel – R280. Beskikbaar Maandag tot Sondag, 09:30 tot 16:30.
Neem asseblief kennis van die handelsure: Maandag tot Vrydag vir wynverkope (aanlynverkope wel 7 dae ‘n week), Maandag tot Sondag vir wynproeë en kaas-en-vleisborde, terwyl middagetes en die wyn en & fynbos kolwyntjiepasmaats van Donderdag tot Maandag beskikbaar is.
Besoekers word versoek om deur middel van die Dineplan-platform op Delheim se webwerf vooraf hulle ervarings te bespreek, om ‘n veilige en kommervry wynland-kuier te verseker. Delheim voldoen aan al die Covid-19-riglyne om personeel en gaste se gesondheid en veiligheid hul hoof-prioriteit te maak.
Die wyne is beskikbaar by voorste handelaars en restaurante, sowel as by Delheim se aanlyn-winkel by https://www.delheim.com/shop-online/.
Die voorgestelde handelsprys vir die Edelspatz is R310 per bottle, Grand Reserve 2017, R420 en die Vera Cruz Pinotage 2017, R470 – die 2017 oesjare van die Grand Reserve en Vera Cruz word 1 Desember vyrgestel, maar dit kan vooraf bestel word.
- Delheim-landgoed is op die Knorhoekpad, van die R44, in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch-wynroetes, geleë.
Delheim se wyne is ikonies in die Stellenbosch-wynroetes.
Delheim Grand Reserve
Delheim Platter trio 2020 – ‘n driekuns aan vyf sterre in Platter se toonaangewnde wyngids.
Delheim se fynbos en kolwyntjie-pasmaats.
Dis nou weer kuiertyd op Delheim – kom loer gerus in.