Christiena ‘n toonbeeld van erfrenis en gehalte
Christiena Trousseau is die ikoniese, vlagskip-wynreeks van die Van Loveren-familiewingerde.
Vervaardig in die asemrowende Robertsonvallei is hierdie wyne ‘n toonbeeld van van die gehalte terroir waarin die wingerde groei en is vasgevang in die Retieffamilie se geskiedenis en hul wynmaakreise.
Die wyne dra die naam van een van hul voorsate, Christiena van Loveren. Die naam is ontbloot op ‘n erfstuk en die gebruik van die ‘e’ in die naam reflekteer die diepe geskiedenis en storie van die familie.
Christiena van Loveren was ‘n besonderse vrou en het in 1699 as pasgetroude in Suid-Afrika aangekom en het haar asemrowende bruidskis of ‘trousseau’ saamgebring.
Sy was hardkoppig en dapper en het ‘n gelukkige en groot familie gehad. Jare later het een van haar afstammelinge, Jean van Zyl, getrou met Hennie Retrief en het hulle hul plaas na haar vernoem. Christiena se trousseau staan steeds in die Van Loveren-proelokaal.
Eksklusiewe en spesfieke enkelwingerddruiwe word met die hand gepars vir die maak van hierdie wyne en sorg vir uitmuntende gehalte in elke bottel. Die druiwe word liggies gepars en in klein hoeveelhede verwerk wat ‘n nuwe en kreatiewe rigitng vir die wynmaakproses aandui.
Hierdie wyne word op beperkte skaal vrygestel en verskyn in elegante verpakking met ‘n etiket van besonderse papier en ‘n stylvolle lettertipe. Die koperplaatontwerp van die trousseau is bygevoeg as detail op die etike en die kapsule.
Christiena Trousseau is ‘n herinnering aan dapperheid, kreatiwiteit en familiewaardes – drie kernbeginsels wat Van Loveren vandag steeds navolg.