Moedersdag in die Nuyvallei

Kom vier jou Moeder in die Nuyvallei

Nuy Wynkelder en Nuy on the hill restaurant wil jou help om jou moeder se dag ekstra spesiaal te maak dié Moedersdag, Sondag 12 Mei.

Nie net kan die hele gesin ‘n smaaklike middagete by Nuy on the hill Restaurant geniet nie, maar ma’s kry ook ‘n komplimentêre bottel Nuy Muscat Semi Soet Vonkelwyn om hul dag ekstra spesiaal te maak.

Sjef Wilna van der Westhuizen en haar span gaan ‘n eg tradisionele Sondagmiddag spyskaart bedien teen  R295 per persoon (ondeworpe aan verandering).

Nuy on the hill is geleë op die koppie by die Nuyvallei afdraai op die R60 tussen Worcester en Robertson.

Besprekings vir die restaurant by Nuy on the hill by  023 347 0272 of onthehill@nuywinery.co.za.

Vir meer inligting kontak ons gerus by 023 347 0272 of onthehill@nuywinery.co.za.