Perdeberg se Dry Land Collection – Moeder Natuur se meesterstuk
Perdeberg Wines se Dry Land Collection is ’n ware harmonie tussen Moeder Natuur en die wynmaker en ‘n meesterstuk wat in elke sluk weerspieël word. Die strawwe toestande waaraan die wingerde onderwerp word, met min of geen besproeiing, stel die uniekheid van hierdie veelbekroonde wynreeks ten toon.
Hierdie toestande stel Perdeberg se keldermeester, Albertus Louw, en sy span in staat om wyne te skep wat reg laat geskied aan hul omgewing, wyne wat die kans gebied word om hul staal te toon en hul oorsprong uit te druk. Die reeks, gemaak van druiwe uit ouer en bosstokwingerde, sit Perdeberg se ryk geskiedenis voort van wyn van uitnemendheid maak.
“Ons gebruik net die beste grond vir die wingerde wat hoofsaaklik van seisoenale reën afhanklik is. Ons doel is om Moeder Natuur toe te laat om haar wonderwerke te verrig, met min of geen inmenging van ons kant af,” verduidelik Albertus.
The Dry Land Collection word gemaak in ’n sogenaamde nuwewêreldse styl met ’n oorvloed vrugte en struktuur, en is baie gewild onder entoesiaste wat sterk voel oor natuurlike wynmaakprosesse. Die gevolg is ’n reeks wat goed gebalanseer is met kompleksiteit en konsentrasie, maar terselfdertyd gulhartige drinkgenot verskaf.
Twee van die wyne in hierdie indrukwekkende versameling is nuwe bekendstellings van die Resolve Pinotage en die Courageous Barrel Fermented Chenin Blanc (ou wingerd).
Die Perdeberg Resolve Pinotage 2020, verouder in houtvate van 500ℓ om die beste in die wyn na vore te bring, is ’n puik voorbeeld van hoe hierdie trots Suid-Afrikaanse kultivar gedy onder droëlandtoestande. Sy donker kleur, gulhartige geure en sappige struktuur dien as bewys van die sukses van hierdie tradisionele manier van druiwe verbou. Die wyn is ’n goeie pasmaat vir geskroeide tuna, tikka masala met lamsvleis of geglaseerde varkribbetjie.
Die Perdeberg Courageous Barrel Fermented Chenin Blanc 2022 (old vine), tasbare bewys dat Perdeberg Wines die “Tuiste van Chenin Blanc” is, is sonder twyfel ’n wyn wat in enige entoesias se versameling hoort. Die wyn stel aromas van sitrus, peer, perske en pynappel vry in die neus. Dit dra deur na die mond waar geure van lietsji en vanielje aansluit. Die einde is vars en lewendig met goed gedefinieerde suur. Hierdie wyn is perfek op sy eie, maar sal ook reg laat geskied aan seekosdisse, geurige hoenderkerrie en ryk kase.
Albei wyne is direk by die proelokaal beskikbaar teen R160 vir die Pinotage en R150 vir die Chenin Blanc, asook by die meeste spesialis-wynwinkels landwyd.