Zandvliet sweef op die vlerke van sy liplekker shiraz
Zandvliet Wynlandgoed staan hierdie winter weer op die wenpodium, danksy sy reputasie as dié historiese tuiste van uitmuntende Suid-Afrikaanse shiraz.
Elke jaar triomfeer rooiwyn, wanneer die daaglikse temperature daal. Shiraz van Zandvliet se bekroonde wingerde, bly ’n onmiskenbare ster én genoot vir kuiers by die kaggel. Wanneer Suid-Afrikaners op 21 Augustus Nasionale Shirazdag vier, sal dit Zandvliet op almal se lippe wees.
“Die magiese sleutel tot Zandvliet-wyne skuil in sy grond,” sê wynmaker Jacques Cilliers, wat in 2011 die leisels by die ikoniese landgoed oorgeneem het.
“Die grond is bekend as kalkryke Karoo, met ’n rooi klei-onderlaag besaai met sakke krytagtige kalksteen – dit was ons kalkveld noem. Dit is die grondslag vir ons klassieke wyne. ’n Ferm suur, gekonsentreerde geure en skeutjies mineraalagtigheid, word delikaat van wingerd tot kelder bestuur.”
Zandvliet se uitnemendheid is onderliggend aan sy hele reeks wyne, maar dit is die shiraz-variëteit, wat bekend is as die plaas se helderste ster. Dit word om hierdie rede in drie uitdrukkings aan wynliefhebbers aangebied – die Estate-, Kalkveld- en Hill of Enon-reekse.
Zandvliet Estate – die voorloper
Zandvliet Estate is die direkte afstammeling van die plaas se eerste oesjaar van shiraz, wat in 1975 gemaak is. Die wyn se eerste vrystelling het egter eers die volgende jaar gekom.
Destyds was dié variëteit relatief ongehoord vir individuele bottelering. Die meeste shiraz is in versnitte gebruik. Die eienaars van daardie tyd het egter hul grond geken en geweet dat shiraz daar sou floreer.
Wingerde vir hierdie reeks word in rooi, verweerde skaliegrond geplant. Dit is ryk aan minerale, wat die plante toelaat om geil te groei en gesonde trosse te produseer. Wyne van hierdie wingerde word gewoonlik 20 tot 24 maande in ’n 4000-liter foudre van Franse eikehout verouder, en die vrugte se kwaliteit gee ’n komplekse wyn, wat sag en soepel op die tong is. Zandlviet Estate Shiraz kan tot 20 jaar vanaf die oesjaar verouder word.
Kalkveld – die baken
Die Robertson-wynvallei het van die min konsentrasies natuurlike kalksteen in die Suid-Afrikaanse wynlande. Hierdie konsentrasie is egter net beperk tot ’n paar plase, waarvan Zandvliet een is.
Die Kalkveld-reeks kom uit wingerde op ’n heuwel, wat die middelpunt van die Zandvliet-plaas oorheers. Die grond bestaan uit ’n komplekse mengsel kalksteen, klippies en klei.
Die suidoostelike briesies wat elke dag oor die wingerde swiep, verlaag die temperatuur en verseker stadige, optimale rypwording, wat die wyne se karakter verder versterk.
Die wyne is verfyn en elegant met klassieke Shiraz-eienskappe. Soos met die Estate-reeks, sal hierdie wyne tot twee dekades ná die oesjaar steeds in die bottel ontwikkel.
The Hill of Enon – die toppunt
The Hill of Enon Shiraz het sy naam te danke aan die geologiese formasie wat deur die opbreek van die Gondwana-superkontinent – waarvan Afrika eens deel was – veroorsaak is. Dit is in hierdie horingoue grond, wat die wingerde vir die Hill of Enon en Kalkveld-wyne groei.
Die ligging is só gedefinieer op hierdie deel van die plaas, dat dit deur kolonies termiete verkies word. Dis die verskil in ligging van The Hill of Enon-wingerde, wat dit van sy metgesel-reeks laat verskil. The Hill of Enon-druiwe word van wingerde geoes waarvan die wortels in die episentrum van termiet-hope geplant is.
Die 9,6 pH hier is op sy hoogste en voedingstowwe is beperk. Die wingerde werk hard en groei konserwatief.
“Ons het gevind dat hierdie stres kleiner korrels tot gevolg het, maar die geur is baie meer intens. Ons het besluit om hierdie druiwe apart te oes en die Hill of Enon is gebore,” sê Jacques.
“Die unieke terroir produseer buitengewone klein bessies, wat etlike dae voor die hoofoes ryp word. Ons doen dus elke jaar – sowat twee weke voor die hoofoes – ’n hand-oes van net die kleinste korrels.”
Tradisioneel word die wyne met 40% heeltros natuurlike gisting met ’n daaglikse afdruk, gemaak. Ná fermentasie word ’n mandjiepers gebruik om die velle liggies te dreineer. Die wyn word vir 18 maande in Franse eikehoutvate verouder, voor dit vrygestel word.
Hierdie uitstekende shiraz-wyne kan op die plaas, naby Ashton, net af van die R60, geproe word. Zandvliet se Kalkveld Lounge integreer kontemporêre dekor met die plaas se trotse erfenis. Dit is van Maandag tot Saterdag van 10:00 tot 15:00 oop.
Die Zandvliet Estate Shiraz verkoop teen R150/bottel; die Kalkveld Shiraz vir R280/bottel; en die Hill of Enon vir R525/bottel.
Onlangse toekennings vir Zandvliet Shiraz:
ZANDVLIET HILL OF ENON SHIRAZ
Platinum – 2019 oesjaar – 2022 National Wine Challenge (Top 100)
Goud – 2019 oesjaar – 2022 Michelangelo Wine Awards
4 ½ Sterre – 2019 oesjaar – 2022 Platter’s Wyngids (toegeken in 2018)
92 Punte – 2022 Tim Atkin MW South Africa Special Report
4 Sterre -2021 Platter’s Wyngids (toegeken in 2020)
95/100 Beste Shiraz -2021 Prescient Shiraz Report
90 Punte – 2020 Tim Atkin MW South Africa Special Report
Platinum – 2020 National Wine Challenge (Top 100)
Dubbelgoud – 2019 Michelangelo International Wine Awards
4 Sterre – 2019 Platter’s Wyngids (toegeken in 2018)
92 Punte – 2019 Tim Atkin MW South Africa Special Report
ZANDVLIET KALKVELD SHIRAZ
4 Sterre – 2018 oesjaar -2023 Platter’s Wyngids (toegeken in 2022)
Dubbelgoud – 2017 oesjaar – 2022 National Wine Challenge
4 Sterre – 2021 Platter’s Wyngids (toegeken in 2020)
Dubbelgoud – 2021 National Wine Challenge
Dubbelgoud – 2020 National Wine Challenge
Goud – 2020 Michelangelo International Wine Awards
Goud – 2019 Old Mutual Trophy Awards, 93/100 en Top 10 Rooiwyn van die skou
92 Punte – 2019 Tim Atkin MW South Africa Special Report
ZANDVLIET SHIRAZ
Top 100 & Dubbel Platinum – 2023 National Wine Challenge
Dubbel Platinum – 2018 oesjaar – 2022 National Wine Challenge Top 100
90 Punte – 2020 oesjaar – 2021 James Suckling Awards
4 Sterre – 2020 Platter’s Wyngids (toegeken in 2019)
4 Sterre – 2017 Oesjaar – 2021 Platter’s Wyngids (toegeken in 2020)