Roodeberg vier 70 jaar as ikoniese SA-wyn

Nuwe Roodeberg 1949 is ‘n moderne terugflits na die grondslag van SA wyn

Roodeberg, die egte Suid-Afrikaanse trots wat vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier, het sy storielyn teruggeneem na die hartjie van die land se wynmaak-gerfenis met die bekendstelling van ‘1949‘, ‘n beperkte uitgawe gedenk-versnit wat met baie noukeurigheid geskep is.

Die Roodeberg 1949 bou voort op die Roodeberg-tradisie as ‘n versnit met universele aantrekkingskrag. Hierdie wyn, gemaak uit kontemporêre druifsoorte van uitsoek-wingerde, spog met hope intrige en diep dimensie. Roodeberg 1949 is beslis die begin van ‘n nuwe hoofstuk in die kleurvolle Roodeberg-storie.

Die eerste 2017-oesjaar is geskep uit druiwe vanaf die Stellenbosse grondves-plaas, een van die primêre plekke vir die ontwikkeling van moederplant-materiaal vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Roodeberg se ryk geskiedenis en internasionale aansien maak dat hierdie spesiale terroir ideaal is vir dié topgehalte rooiversnit wat tradisie en innovasie saamsnoer.

Roodeberg 1949 is ‘n samewerkingsinisiatief wat met van die beste plantmateriaal kan spog en ons gesamentlike wingerdbou- en wynmaak-vernuf uitleef,“ sê wynmaker Louwritz Louw, wat tesame met wingerboukundige Marco Ventrella en die voormalige KWV-keldermeester en bekende wynopvoeder, prof. Charl Theron, hierdie eksklusiewe gedenk-versnit geskep het.

Die Roodeberg 1949 verwelkom die herlewing van opwindende Franse en Spaanse variëteite en het uitnemende struktuur, soepel taniene en sappige vrugte met goeie suiwerheid en balans. Cabernet sauvignon (38%) vorm die basis van hierdie versnit, en word gekomplimenteer met tempranillo (29%), carignan (20%) en carménère (13%).

“Elke druifsoort dra iets unieks tot die versnit by, wat ‘n wyn met ongelooflike konsentrasie en finesse oplewer. Cabernet sauvignon en tempranillo verleen struktuur en intensiteit, terwyl die carignan en carménère speseryagtige intrige en diepte van geure tot die wyn bydra,“ voeg Louw by.

Die streng uitsoekproses vanaf die wingerd tot by die vat, is die kern van die Roodeberg 1949. Die verskillende komponente van die wyn word vir 18 maande in nuwe Franse eikehoutvate verouder. Slegs die beste inhoud van die vate word versny en gebottel vir dié gedenkwyn.

Geure van donker kersie, swartbessie en vanielje talm in die gekonsentreerde, diep robynrooi versnit terwyl kaneel, soet speserye en ryp, sappige donker bessies op die tong geproe kan word. Ferm taniene verleen struktuur en ‘n blywende afronding.

Erfenis

Met sy ryk erfenis wat oor die 70 jaar strek, is Roodeberg voortdurend aan die vernuwe en hou dit ‘n spesiale plek in wynliefhebbers se harte regoor die wêreld. Roodeberg 1949 bou voort op die tradisie van ‘n kontemporêre versnit met ‘n universele aantrekking -‘n wyn wat dadelik geniet kan word, maar ook kompleks genoeg is om pragtig te verouder.

Roodeberg 1949 sal jaarliks in beperkte hoeveelhede gemaak word en die versnit mag verskil van jaar tot jaar. Die wyn is beskikbaar teen R249 per bottel by die KWV Emporium.

 

 

 

 

 

 

Louwitz Louw, Carli Jordaan, Charl Theron and Wim Truter