Nog brandewyne as beste in wêreld geoormerk
Suid-Afrikaanse brandewyn maak steeds aanspraak as van die wêreld se beste drankies, ná topprestasies by vanjaar se Intercontinental Spirits Challenge wat in Kortrijk, België gehou is.
Dit volg kort op die hakke van die nuus dat Stellenbosch se Van Ryn-brandewyn vir die tweede jaar agtereenvolgens as die beste brandwyn ter wêreld aangewys is. Die van Ryn Potketel 12-jaar oue brandewyn, met brandewynmeester Marlene Bester aan die spits van sake, het by die 2004 Internasionale Wyn- en Spiritualieëkompetisie sy prestasies van 2004 en 2005 herhaal deur as die beste brandewyn in die wêreld aangewys te word.
En nou is nog Stellenbosse brandewynprodusente in die brandewynkollig. Suid-Afrikaanse produsente se kenmerkendste spiritus het pas elf van dié gesaghebbende kompetisie se hoogste toekennings ontvang, insluitend ‘n trofee vir die Boschendal XO Potstill.
Die Intercontinental Challenge sonder jaarliks die beste drankies van inskrywings van regoor die wêreld uit, en het enkele dae gelede die aankondiging gemaak van sy beste-van-die-beste. Om ‘n toekenning hier te wen, is een van die grootste ere wat ‘n produsent kan toeval.
Benewens ‘n wentrofee, het Suid-Afrikaanse brandewyne ook dubbelgoud by die geleentheid ontvang, waaronder Sydney Back Potstill Brandy 10YO, Sydney Back Potstill Brandy 15YO, Oude Molen VS en Oude Molen XO. Goud is toegeken aan D’Aria The Piccolo Brandy; Sydney Back Potstill Brandy 25YO, 100 Reserve Premium Brandy, Oude Molen VSOP, Bayede! XO en Tokara XO Potstill Brandy.
Verder is DGB vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as uitstaande vervaardiger, vir sy besonderse deurlopende prestasie.
“Suid-Afrika se brandewynmeesters het ons weer eens trots gemaak,” sê Christelle Reade-Jahn, direkteur van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting.
Noggend tekon gesels…“Deur hulle word Suid-Afrikaanse brandewyn se nalatenskap van uitnemendheid – wat oor meer as 350 jaar verfyn is – net beter.”
Die laaste afdeling van die Intercontinental Spirits Challenge het in Europa plaasgevind, en die geleentheid het die brandewyn- en konjakkategorie as “‘n gebeurtenis-hoogtepunt” verklaar.
“Hierdie spiritualieë se diepte van geur, kompleksiteit en ongeëwenaarde kwaliteit, het die beoordelaars se harte gewen. Die Boschendal XO Potstill, met sy besonderse kompleksiteit, merkwaardige karakter en finesse, het uitgestaan …”
Die organiseerders van die kompetisie sê die produsent van die Boschendal XO Potstill, DGB, is aangewys as uitstaande produsent as “‘n bewys van [sy] onwrikbare toewyding aan uitnemendheid, wat hul reputasie as ‘n leier in die spiritualieëbedryf versterk het”.
Verskeie wenners in die kompetisie het vanjaar teruggekeer na die podium.
Verlede jaar het Oude Molen XO en Sydney Back Potstill Brandy 15YO trofees gewen en ‘n reeks dubbelgoud vir Suid-Afrikaanse brandewyne gelei.
Van die spesialis-beoordelaars op die Intercontinental Spirits Challenge-paneel vanjaar, het die bedryfsveterane Dr. Caroline Snyman CWM, Dr. Mare-Loe Prinsloo en Kobus Gelderblom ingesluit.