Sluk Jou Woorde se nuutste wyn, ‘n gemaklike cabernet sauvignon/shiraz 2013 versnit, het pas onder die naam “Geluk” op die mark verskyn.
Dit volg kort op die hakke van sy vorige wyne, Rinkink, Loslyf (albei wit versnitte) en KlaarBLYklik en OorBLY, wat vir die US Woordfees verskaf is om by hul 2017-tema van BLY aan te sluit.
Danie Strydom, eienaar van die splinternuwe Tops At Spar Paul Roos, op Stellenbosch, was die man wat gelukkig gemaak is met die aankoop van die eerste besending “Geluk” .
Hierdie cabernet sauvignon/shiraz 2013 versnit is afkomstig uit die juweelagtige Franschhoek-wynvallei en spog met ‘n verdeling van 60% cabernet sauvignon en 40% shiraz, wat dit natuurlik ‘n sagte en gemaklike wyn maak om te drink.
Die kenners meen hierdie wyn se smake is soos vars somersvrugte – met geure van ryp pruime op die neus en sagte versteekte tanniene in die agtergrond. Daarmee saam is daar ook ‘n skimpie van neutmuskaat en ryp moerbeie. Dit is dus nie oordonderend soos die politieke geween in die land nie en sal ‘n aangename en ligte gevoel by die kundige en oopkop Sluk Jou Woorde-verbruiker los. Jy sal weer en weer hiervan wil sluk al het hierdie wyn van oorsprong Franschhoek ‘n alkoholinhoud van 12,6%.
En tipies aan Sluk Jou Woorde se wyn, kan dit geniet word met ‘n verskeidenheid geregte soos charcuterie, lams- of biefbredies, of natuurlik op sy eie.
Maar kom kyk gou waar jy die wyn kan kry. Die nuwe Tops At Spar by Paul Roos is ’n ware lushof van wyne. Danie Strydom en sy span het hier ’n drankwinkel ingerig waar ’n mens na hartelus tussen keurwyne kan rondbeweeg en jou gunstelingdrankie uitsoek.
Die winkel is onlangs geopen nadat verbouings aan die perseel die ideale ruimte vir die omvattende wynversameling geskep het. Strydom vertel dat hy al vir ses jaar betrokke is by die gewilde Spar by Paul Roos.
“Ons ou Tops was maar 60 m² en die nuwe perseel het beskikbaar geraak op ’n tydstip wat ons goed gepas het. Die nuwe winkel is nou heelwat groter en beslaan sowat 155 m² wat natuurlik die ruimte bied om ’n groter verskeidenheid drankprodukte aan te hou.
“Die ligging, uitleg en natuurlike lig in die nuwe Tops at Spar gee die winkel ’n besonderse atmosfeer, terwyl die ontwerp en afronding klante gemaklik maak sodat hulle werklik tyd kan bestee om deur die winkel te gaan.
“Ons reusagtige instap-yskas huisves ook al ons witwyne – iets unieks in die bedryf.
“Een ding wat ons van ander drankwinkels onderskei is dat ons ook meer wyne van die kleiner produsente of kelders kan aanhou, veral omdat daar nou soveel ruimte beskikbaar is.
“Tops at Spar by Paul Roos kon nou met meer as 800 verskillende wyne pronk – en dis nogal iets om te sien,” sê Strydom.
Strydom sê ook dat hulle met die meer ruimte meer wyne van kleiner en minder bekende produsente of plaaslike boetiekkelders kan aanhou.
“Een van hierdie besonderse wyne is die Sluk Jou Woorde-reeks wat ons in samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) aanbied. Dit is nogal lekker om by so ’n projek betrokke te wees. Die Sluk Jou Woorde-wyne het lekker loslit- Afrikaanse woorde op die voorste etiket – ons een is ‘Geluk’ – ook om saam te val met die opening van die nuwe winkel, en agterop is die amptelike WAT-verklaring van daardie woord,” verduidelik hy.
“En hierdie woord is natuurlik baie geskik en bruikbaar, want jy kan nou ’n bottel ‘Geluk’ by ons kom koop vir iemand se verjaardag of ’n besonderse prestasie – alles in Afrikaans en ter ondersteuning van ’n goeie doel.”
Strydom vertel dat hulle weekliks op ’n Vrydag ’n wynproe aanbied wat deur die verskillende verskaffers en plase self gedoen word.
Die winkel beskik oor ’n ideale fasiliteit om die wynproe aan te bied.
“Ons glo dat die winkel ’n werklike bestemmingswinkel sal word waar alle klante – oud en jonk – ’n aangename ervaring sal hê elke keer wanneer hulle die winkel besoek en keer op keer sal terugkeer.
“Nathely Cole is in beheer en sy word bygestaan deur Nomonde en Thembakazi, ons kassiere, en Shauwn, ons handelsware-aanbieder.”
Kry jou “Geluk” by Tops at Spar Paul Roos, Stellenbosch, of stuur ‘n e-pos na info@slukjouwoorde.co.za en ons reël vir jou aflewering – onthou, ‘n minimum van 6 bottels op ’n keer – ons sal met jopu praat oor die afleweringskoste. Dit kos maar R90-00 per bottel.
Danie Strydom en Natalie Manuel voor die nuwe Tops At Spar, Paul Roos, op Stellenbosch.

Sluk Jou Woorde se “Geluk” ondersteun ook die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Die grootste instap-yskas om jou keuse van witwyne koel te hou – teen net die regte temperatuur – seker een van die grootstes in die Wes-Kaap. Die winkel husives meer as 800 wyne.

Dr Willem Botha, uitvoerende direkteur en hoofredakteur van die WAT, oorhandig ‘n sertifikaat aan Danie Strydom van Tops at Spar Paul Roos – “Geluk”is sy wyn…maar kan deur wynliefhebbers eksklusief by hom bestel word.