Stellenbosch loop weer voor met beste sauvignon blanc

Drie Stellenbosse kelders lewer beste sauvignon blancs

Drie Twee Stellenbosse wynkelders is onder Suid-Afrika se voorste sauvignon blanc-produsente ndat die wenners van die jaarlikse Sauvignon Blanc Top 10-toekennings onlangs gemaak is.

Stellenbosch Vineyards se Southern View Sauvignon Blanc 2020, Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2019 en Klein Zalze se Family Reserve Sauvignon Blanc 2019 is die wyne wat die Stellenbosse vlag hoog laat wapper het.

Bernard Claassen, wynmaker van Stellenbosch Vineyards, het gesê hy is verheug oor die prestasie.

“Ek is baie bly dat die nuut-toegepaste tegnieke, ons wingerde en die kelder hierdie jaar tot hul eie reg gekom het. Ons het een groot doel gehad en dit was om die wyngehalte nog verder te verbeter.

“Vanaf die eerste aromas uit die gistende tenke het ek geweet hierdie jaar is ‘n uitmuntende jaar vir sauvignon blanc. Hierdie is waarlik ‘n unieke sauvignon blanc, afkomstig van 3 verskillende wingerde wat almal op die suidelike hange van di eheuwels in die Helderberg-area geplant is sodat die winde wat in die somermaande van die see se kant af kom, dit kan afkoel.

“Die druiwe vir hierdie wyn  word alles vroegoggend gepluk en is al teen 08:00 in die kelder. Dit word alles gedoen om die vrug te beskerm sodat die eindproduk meer elegant en aromaties kan wees,” het Claassen verduidelik.

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het die wenners van die 2020 Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie aangekondig en vanjaar se kampioenwyne kom uit nie minder nie as sewe verskillende streke. Hierdie opwindende uitslae van Suid-Afrika se enigste kompetisie wat aan Sauvignon Blanc toegewy is, is tydens ‘n virtuele toekenningsgeleentheid bekendgemaak.

Vanjaar se top 10 (in alfabetiese volgorde) is:

  • Alvi’s Drift Sauvignon Blanc Reserve 2020
  • Cilmor Limited Edition Sauvignon Blanc 2019
  • Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2020
  • Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2018
  • Iona Elgin Highlands Wild Ferment Sauvignon Blanc 2019
  • Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019
  • Ormonde Chip Off The Old Block Sauvignon Blanc 2019
  • Paul Cluver Sauvignon Blanc 2019
  • Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2019
  • Stellenbosch Vineyards Southern View Sauvignon Blanc 2020
  • Die top 10 is uit ’n wye reeks inskrywings gekies – altesaam 96 produsente het 149 wyne ingeskryf vir die kompetisie wat met die ondersteuning van FNB aangebied word. ‘n Goeie balans is behaal met ses van die wenwyne van die 2019-oesjaar, drie van die 2020-oesjaar, en een wyn van 2018. Die helfte van die wenwyne toon ‘n mate van eikehoutkontak wat die beoordelaars se mening oor die toekomspotensiaal vir meer gehoute sauvignon blanc-wyne onderskryf.

“Hierdie jaar sal onthou word as ‘n tyd om sáám te staan en almal wat ingeskryf het kan dus met reg trots wees op hul prestasie,” sê RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter.

“In hierdie uitdagende tye is dit ‘n voorreg om Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc wêreldwyd te kan vier as ons land se topverkoper. Ons sien opwindende innovasie in styl en geurprofiele, én diversiteit in oorsprong met drie top 10-wenners uit Stellenbosch, twee uit Elgin, en een elk uit Breederivier, Elim, Worcester, Durbanville en Darling. Baie geluk ook aan  Diemersdal met hul driekuns met die Winter Ferment – die enigste wyn wat oor die laaste drie jaar agtereenvolgens in die Top 10 skitter. Baie dankie aan ons platinum borg FNB vir hul begrip vir ons bedryf en hul bydrae tot ons sukses.”

Vanjaar se beoordelaarspaneel het bestaan uit dr Winifred Bowman, Kaapse wynmeester en sameroeper van die paneel,  keldermeester Charles Hopkins van De Grendel, wynbeoordelaar en -skrywer Fiona McDonald en wynmaker Rüdger van Wyk van Stark-Condé Wyne. Die paneel het ook aspirantbeoordelaars, naamlik Candice Barnes van Boekenhoutskloof, Kelsey Shungking van De Grendel en Victoria Davis van Glenelly, ingesluit.

Sauvignon Blanc SA moedig almal as deel van vanjaar se kompetisie aan om die bedryf te ondersteun deur ʼn bydrae te maak aan die Vinpro Foundation ter ondersteuning van ʼn student in die wynbedryf.

Wynliefhebbers kan die 2020 Sauvignon Blanc SA Top 10-versameling via die “Wine of the Month Club” bekom, asook by Wine Stellenbosch TOPS.

Die jaarlikse Sauvignon Blanc SA tegniese seminaar sal gedurende November as vlogs op die Sauvignon Blanc SA webwerf aangebied word met sprekers wat op tegniese aspekte, insluitend inligting oor die Top 10, sal fokus.

  • Vir meer inligting, of om as ‘n lid aan te sluit, bes

    Ané van Heerden, Paul van Cluver Wyne

    oek www.sauvignonblanc.com of skakel 02

    Theo Basson, eienaar van Ormonde-wingerde.

    Wynmaker RJ Botha, en die span van Kleine Zalze.

    Dr Alvi van der Merwe van Alvi’s Drift Privaat-kelder en sy span.

    Bernard Claassen en die span van Stellenbosch Vineyards.

    1 975 4440.

    Rüdger van Wyk, Stark-Condé se wynmaker.

    Werner Muller van Iona en sy span.

    Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2018 het weer ‘n prys gebring vir
    David Nieuwoudt en sy span van Cederberg-kelders.

    Thys Louw van Diemersdal.

    Wynmaker Quintin van der Westhuizen, en sy span van Cilmor-wyne.