Van Loveren se natuur-gefokusde Rhino Run-wyne nou organies
Daar is goeie nuus vir omgewingsvriendelike wynliefhebbers: Suid-Afrika se Rhino Run wyne is nou 100% organies. Dié verandering dek die hele natuur-vriendelike reeks, wat deur Van Loveren Wingerde gemaak word en is van vanjaar se oesjaar beskikbaar.
Organiese boerderybeginsels verg verminderde chemiese gebruik op druiwe en in die wingerde en lei tot – onder andere – laer swael in wyn. Die resultaat is oor die algemeen gesonder grond en die natuurlike biodiversiteit wat terugkeer.
“Deur Rhino Run na organies te verander, bring dit die reeks meer in strook met sy omgewingsdoelwitte,” sê Phillip Retief, Van Loveren Familie Wingerde se besturende direkteur.
Die Rhino Run-reeks is geïnspireer deur wyle dr. Ian Player, die stigter van die Player Ntombela Stigting en ʼn bekende natuurbewaringsaktivis wat sy lewe en loopbaan sedert die 1960’s gewy het aan pogings om renosters te red. Suksesvolle bewaringsinisitiewe het sowel die wit- as die swartrenosterspesies van die randjie van uitsterwing gered, maar ’n drastiese styging in stroping sedert 2008, het hul nood vir oorlewing weer laat opvlam.
Rhino Run is ontwerp om mense van dié krisis bewus te maak. ’n Gedeelte van elke Rhino Run wyn se verkope word aan bewaring- en anti-stroopinisiatiewe geskenk.
Organiese wyne word van druiwe gemaak, wat in oorleg met organiese boerderybeginsels gekweek word. Dit sluit tipies die gebruik van kunsmatige chemiese bemesting, -plaagbeheer, swamdoder en onkruiddoder uit.
Die grootste verskil is hoe peste en plae hanteer word. Met tradisionele boerdery, is ’n lys geregistreerde produkte beskikbaar om die situasie te behandel, maar met organiese sertifikasie word enige chemiese plaagbeheer, swamdoder en onkruiddoder verbied. Die organiese produsent moet dus die fundamentele oorsake ondersoek en dit aanspreek.
Daar is vyf wyne in die Rhino Run organiese reeks, wat bestaan uit twee witwyne, een rooi versnit en twee enkel-variëteit rooiwyne.
Rhino Run Sauvignon Blanc
Die wyn het ’n geurige tropiese styl met aantreklike appelliefie en groenvy wat elegant op die tong talm. Geniet dit yskoud met geskroeide tuna, hoender, gerookte salm, romerige pastas, seekos risotto, oesters of witvleis.
Rhino Run Chenin Blanc
Hierdie medium-styl Chenin Blanc is geskep om die wit renoster te eer. Die wyn het aromas van ryp perskes met geurige blomgeure wat effe talm op die tong. Dis heerlik met gekruide mossels, geroosterde hoender of -vark, vars seekos, kreatiewe slaaie of soesjie.
Rhino Run Ian Player
Die wyn het ryk amandel, pruim en kruisement op die neus. Dit word gevolg deur ryp bessies, swartaalbessie en rooibessie op die tong. Oordeelkundige eikehout-blootstelling verleen ʼn sagte, geroosterde smaak. Dis ’n versnit van Cabernet Sauvignon en Merlot, geskep met die minimum inmenging om elke kultivar toe te laat om sy individuele karaktereienskappe te ontwikkel.
Rhino Run Cabernet Sauvignon
Hierdie dieprooi wyn het ryp bessies, swartaalbessie en rooiaalbessie op die tong. Oordeelkundige eikehoutveroudering verseker ’n sagte, geroosterde geur. Geniet met ryk vleisgeregte, heilsame bredies, vark, wildsvleis of gegeurde kase.
Rhino Run Pinotage
Hierdie unieke Suid-Afrikaanse kultivar verleen ’n pragtige persrooi kleur aan die wyn, wat ’n komplekse neus met ryp piesang, swartaalbessie en aarbei, gevolg deur lae vrugte, vanielje en speserye op die talmende nasmaak, lewer. Die wyn is die ideale pasmaat vir heilsame bredies, ryk rooivleisdisse, speseryagtige kos, kerries en gerookte disse.
- * Die Van Loveren-wingerde in die Robertson-wynvallei is sedert 1937 in besit van die Retief-familie. Die wynkelder produseer bekende- en bekroonde wynreekse, waaronder die Christina, Four Cousins Van Loveren en Zandvliet.