Top wyne op jou tong

Proe weer V eritas se voorste wyne en brandewyne

Liplekker nuus vir wynliefhebbers in die Wes-Kaap is dat hulle binnekort unieke wynproe-geleenthede sal kan bywoon om die wenners van dubbelgoud en goud onder die wyne en brandewyne van die 2020 Veritas-toekennings te ervaar.

Geen sodanige proeë kon verlede jaar gehou word weens die Covid-regulasies nie, maar die Veritas-organiseerders beplan nou etlike geleenthede waar die wenners binne die volgende twee maande geproe kan word.  Dit volg op die verslapping van die land se Covid-beperkings.

Die eerste proe, waar al 200 wenwyne en brandewyne aangebied gaan word, is op Dinsdag 20 April 2021.  Dit word by L’Atrium by die Grande Roche Hotel in die Paarl gehou en alle protokolle rakende Covid-regulasies sal in plek wees. Die proe vind om 18:00 – 21:00 plaas en kaartjies kan teen R200 per person op Quicket se webtuiste gekoop word.  Die kaartjie sluit ‘n elegante wynproeglas in. Bekende kaasprodusente van die Paarl – Fairview en Anura  – sal van hulle bekroonde kase te proe aanbied by die wynproe. Die datums van die volgende proeë sal binnekort aangekondig word.

Hierdie sal ‘n gulde geleentheid wees vir wynliefhebbers om ook die Veritas-toep (app) te kan aflaai en gebruik om by die wynproe hul voorkeur wyne en brandewyne te kan bestel. Die VinoVeritas by CTP-toepasssing is verlede jaar in November by die Veritas-toekenningsfunksie bekend gestel en is die enigste van sy soort waar verbruikers die wyne of brandewyne direk met hul selfone kan bestel om deur Getwine landwyd op hul drumpel afgelewer te word.

Veritas is trots daarop om na 30 jaar steeds die wynverbruiker en wynbedryf se voorste kompetisie te wees om Suid Afrika se beste wyne en brandewyne te beoordeel en aan die publiek uit te dra.

Die land se voorste brandewyn is ook weer by vanjaar se Veritas-toekennings bekroon. Die brandewyn-kampioene se verteenwoordigers is Lorraine Geldenhuys (Elsenburg), Marlene Bester (Van Ryn’s), Winnie Bowman (brandewynambassadeur), Brink Liebenberg (Oude Meester), Christelle Reade-Jahn (direkteur van die SA Brandewynstigting) en Lourens Stander (KWV).

Die land se voorste brandewyn is ook weer by vanjaar se Veritas-toekennings bekroon. Die brandewyn-kampioene se verteenwoordigers is Lorraine Geldenhuys (Elsenburg), Marlene Bester (Van Ryn’s), Winnie Bowman (brandewynambassadeur), Brink Liebenberg (Oude Meester), Christelle Reade-Jahn (direkteur van die SA Brandewynstigting) en Lourens Stander (KWV).