Uitgelese wynmense vereer by oesfeesherdenkingsfunksie
Tim Hutchinson, hoof van een van die grootste onafhanklike wynmaatskappye in Suid-Afrika, is vanjaar die ontvanger van die gesogte 1659-trofee vir visionêre leierskap in die wynbedryf.
Hutchinson is reeds die afgeloep 37 in die Suid-Afrikaane wynbedryf betrokke enis tans uitvoerends hoof van DGB. Sy reis in die wynbedryf het on 1991 by Douglas Green van die Paarl begin en sedert dien het hy ‘n groot invloed op die ontwikeling van die bedryf gehad.
“Erkenning deur jou tydgenote maak jare se harde werk alles die moeite werd. Baie dankie aan almal wat my visie deel. Hierdie toekenning is nie net vir my, maar behoort ook aan julle,” het Hutchinson by die toekenningsgeleentheid gesê.
Die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid, wat vanjaar op 1 Februarie plaasgevind het, herdenk ookm die geboorte van Suid-Afrikaanse wyn, vra die seën op die nuwe oes, en vereer rolspelers vir hulle uitnemende bydraes tot die wynbedryf. Dit het op Suid-Afrika se oudste produserende wynplaas, Groot Constantia, plaasgevind.
“Soos in die verlede, is diegene wat vanjaar vereer is inderdaad ‘n toonbeeld van ons lewenskragtige wynbedryf,” sê die voorsitter van die Groot Constantia Trust, Clifford van der Venter. “Hulle bydraes verseker die voortgesette sukses van die bedryf.”
Die kategorieë vir erkenning is:
- Visioenêre Leierskap
- Wynbevordering
- Bevordering van Inklusiwiteit
- Wingerd- en Wynbou.
Die ander ontvangers is:
Wynbevordering: Cathy Marston
Cathy Marston is die 2024-ontvanger in hierdie kategorie vir haar bydraes tot die beeld van Suid-Afrikaanse wyn en wynbedryf as ‘n geheel.
Marston is ‘n hoog aangeskrewe wynproewer, beoordelaar en joernalis, asook ‘n wynopvoeder met globale invloed. Sy is die stigter van die invloedryke ‘International Wine Education Centre’ (IWEC) in Kaapstad, wat die ‘Wine & Spirit Education Trust’ (WSET) se kwalifikasies aanbied.
Bevordering van inklusiwiteit: Ilse Ruthford
Die 2024-ontvanger in hierdie kategorie is Ilse Ruthford, besturende direkteur van Compagniesdrift – ‘n 100% swart eienaarskapmaatskappy.
Ruthford is ‘n mentor en leier vir talle jongmense, in wie sy ‘n sterk toekomshoop skep. Sy is ook raadslid van die Stellenbosch-wynroete, waar sy sosio-ekonomiese ontwikkeling lei.
Wingerd- en Wynbou: Dawid Saayman
Die 2024-ontvanger in hierdie kategorie is Dawid Saayman, ‘n grondwetenskaplike wat in wingerd- en wynbou spesialiseer. Hierdie gesogte toekenning vereer individue vir hulle innoverende idees, tegnologie en praktyke in die wynbedryf.
Saayman is bekend vir die definiëring van die konsep van terroir in Suid-Afrika deur die identifisering en verstaan van geologie, grondtipes en klimaat in die Suid-Afrikaanse ‘Wyn van Oorsprong’-skema.
- Die Wynoesherdenkingsgeleentheid is ‘n jaarlikse gebeurtenis wat die begin van die wynbedryf in Suid-Afrika herdenk. Tydens hierdie geleentheid vra die wynmaakgemeenskap vir die seën oor die nuwe oes en bring hulde aan rolspelers vir hulle pioniersbydraes tot die voortgesette sukses van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.