Van Loveren trek nuwe baadjie aan

Bekende wynfamilie vier 40 jaar met ‘n nuwe kern-wynreeks

Veertig jaar na die Retief-broers, Wynand en Hennie, seuns van die stigters, die bekende en modern-klassieke Van Loveren-handelsmerk gevestig het, is die etiket, fokus en voorkoms blink gepoleer met die oog op ’n nog helderder toekoms vir dié voortreflike reeks wyne.

Vir die viering van ’n merkwaardige familie-wynonderneming – nou in die hande van die volgende geslag – met ’n blinkgepoetste voorkoms van die handelsmerk, is ontwerp-inspirasie geput uit die Retiefs se heg-geweefde persoonlike erfenis en die diep-gesetelde etos van dié uitblinker-wynprodusent.

Die verjaardag word gedenk met die bekendstelling van die Van Loveren-erfenisreeks se aantreklike nuwe verpakking. Die wyne, voortreflike voorbeelde van kelderkuns, is reeds vier dekades uiters gewild onder geslagte Suid-Afrikaners. Die nuwe etikette huldig met ’n subtiele modern gedaante die wynmakery se geskiedenis.

Phillip, derde Retief-geslag hier en Besturende Direkteur, sê die handelmerk-vernuwing is die gevolg van Van Loveren se langtermyn-toewyding oor die geslagte om individuele talente en sterk eienskappe ten beste vir die gemeenskaplike van ’n gedeelde visie aan te wend.

“Hierdie kenmerk van ons manier van doen het tydens die pandemie en die kelder se grendeltyd – toe ons diep gedink het om Van Loveren-wyne ten volle tot sy reg te laat kom – goed gewerk: Ons span het besef hoeveel die gedagte van die familie oral voorkom.”

“Dít beide in die aard van die wyne, maar, natuurlik, ook in die verhouding tussen die eienaar-gesinslede en ons werknemers.”

Hierdie ‘groep van families’ is inderdaad die handelmerk se unieke verkoop-pluspunt.

Die verpakking en voorkoms is dus geïnspireer deur die storie, plekke en merkers oral op en in die Van Loveren-landgoed, kelder en tuine. Die treffende grafiek op die etiket kom van die uitnodiging na die troue van Hennie Retief senior met Jean van Zyl. Hulle het die oorspronklike plaas in 1937 aangekoop en na een van haar voorgeslagte, Christiena van Loveren, herdoop.

Daardie datum in die ontwerp is nie net ’n saluut aan die verlede nie, maar ’n herinnering van die Van Loveren Family Vineyards se toegewydheid aan vernuwing en vooruitgang, immer uiters bewus van wat by die wynverbruiker byval sal vind.

“Ons verhaal was nog altyd een wat deur erfenis bepaal en deur die baanbreker-drif bestuur is: om op die verlede vir ’n vervullende toekoms te bou – gekenmerk deur vernuwing, toewyding en geesdrif vir die wyne wat ons keurig versorg,” het Retief gesê.

Die wyne van die Van Loveren Family Vineyards strek oor ’n aantreklike wye reeks. Die nuwe voorkoms is gefokus op die eietydse wynliefhebber wat soveel geniet: van vonkel- tot gefortifiseerde wyn, wit en/of rooi, enkeldruifsoort en kelderkenner-versnitte.

Bo-aan die reeks is Christiena’s Trousseau en die Retief Reserve-etikette, terwyl gawe drinkwyne Tangle Tree en die ont-alkoholde Almost Zero die omvang afrond.

Die Retief-familie verantwoordelik vir die Van Loveren-wynreeks.

Een van die nuwe etikette op die Van Loveren-reeks.