Wyn- en toerismekonferensie groot sukses

SUID-AFRIKA SE WYN- EN TOERISMEKONFERENSIE VIER LAND SE TOP PRESTEERDERS

Nege van Suid-Afrika se top verskaffers in die wyn- en toerismebedryf is vereer in die eerste kos- en wyntoerisme-toekennings aan die einde van vanjaar se Wyn- en kostoerismekonferensie wat buite Stellenbosch ten einde geloop het. Hulle het hul trofeë ontvang van Blacky Komani, voorsitter van die Tourism Business Council of South Africa (TBCSA).

Die presteerders kom uit Stellenbosch, die Paarl, Franschhoek, die Overberg, die Weskus en die Karoo, en sluit ’n mengsel van goed gevestigde gunstelinge en versteekte juwele in. Hulle is vereer vir die skep van uitmuntende en positiewe toeriste-ervarings wat ’n inspirasie vir ander in die bedryf kan dien.

Volgens die toerismekenner Margi Biggs, wat die beoordelingspaneel van wyn-, gasvryheid- en bemarkingspesialiste saamgestel het, is die nege presteerders aangewys uit ’n sterk veld mededingers oor die hele spektrum – van dié wat wynproeë en kos-en-wynpasmaak aanbied tot restaurante en akkommodasie. Die paneel was onder die voorsitterskap van Jean-Pierre Rossouw, die uitgewer van Rossouw’s Restaurants en die Platter’s South African Wine Guide.

Gehalte

“Ons is verheug met die gehalte van die inskrywings vir hierdie eerste toekennings,” sê Biggs. “Ons hoop dit dien as maatstaf waarna die toenemende getal deelnemers in die bedryf kan streef en dat dit die vele ondernemings in die toerismesektor sal aanspoor om beter en beter te doen.”

Sy verduidelik dat die toekennings geskep is om vertroue in die wyn- en -toerismebedryf te bevorder en om standaarde in dienslewering en opleiding te verhoog. Toerisme is een van die land se mees arbeidsintensiewe bedrywe.

“Die toekennings steun die doelwitte van die Tourism Business Council of SA se strategie om die getal internasionale besoekers teen 2030 te verdubbel en sodoende sowat 2 miljoen direkte en indirekte werksgeleenthede te skep. Wyn-en -kostoerisme het veral die potensiaal om by te dra om in hierdie doelwit te slaag.”

Kategorieë

Die paneel het die drie beste inskrywings in elk van die drie kategorieë vereer, naamlik diensuitnemendheid wat aan die kern lê van die persoon-tot-persoon-ervaring, die oorpronklikste Suid-Afrikaanse ervaring, wat fokus op eg Suid-Afrikaanse mense, plekke en oomblikke, en innovasie wat toeriste se ervaring, opwinding en genot na nuwe hoogtes vat terwyl nuwighede aangebied word.

“Die feit dat die groep van nege sowel veterane as nuwelinge in die bedryf bevat, is baie bemoedigend. Dit weerspieël die vermoë van ons gevestigde toerismeverskaffers om vars, nuut en relevant te bly, terwyl dit ook daarop wys dat daar nuwe rolspelers is wat op die hoogste vlak kan meeding.”

 Die presteerders is:

Diensuitnemendheid:

  • Waterford-landgoed, Stellenbosch
  • Delaire Graff-landgoed, Stellenbosch
  • Leeu Collection, Franschhoek

Die oorsponklike Suid-Afrikaanse ervaring:

  • Grootbos Nature Reserve, Gansbaai, Overberg
  • La Motte, Franschhoek
  • Die Tuishuise & Victoria Manor, Cradock, Karoo

Innovasie:

  • Creation Wines, Hemel-en-Aarde, Overberg
  • Fryer’s Cove, Doringbaai, Weskus
  • Spice Route Destination, Paarl

 

Eerste ry van links na regs, Salomé Geldenhuys (Creation Wines), Abigail Bisogno (Spice Route Destination), Suné Strydom (Spice Route Destination), Jean-Pierre Rossouw (voorsitter van die Wine & Food Tourism Awards beoordelingspaneel) Vida Basson (Delaire Graff Estate), Lisa Ker (Die Tuishuise & Victoria Manor)
Tweede ry van links na regs: Ruben Saul (Fryer’s Cove), Jan van Zyl (Fryer’s Cove), Margi Biggs (sameroeper van die Wine & Food Tourism Conference en Wine & Food Tourism Awards), Roger Boonzaaier (Leeu Collection), Conrad Meyer (Leeu Collection), Mareli Roux (La Motte), Chris Thomson (Waterford Estate) en Sasha van Zyl (Grootbos Private Nature Reserve)Foto’s: The Biggs Picture.

Voormalige minister van toerisme, Derek Hanekom (spreker), sameroeper van die Wine & Food Tourism Awards, Margi Biggs en voorsitter van die Tourism Business Council of South Africa (TBCSA), Blacky Komani.

Chris Thomson (Waterford Estate), Vida Basson (Delaire Graff Estate), Conrad Meyer (Leeu Collection) en Roger Boonzaaier (Leeu Collection)

 

 

 

 

Suné Strydom (Spice Route Destination), Abigail Bisogno (Spice Route Destination), Jan van Zyl (Fryer’s Cove), Salomé Geldenhuys (Creation Wines) en Ruben Saul (Fryer’s Cove)

Mareli Roux (La Motte), Lisa Ker (Die Tuishuise & Victoria Manor) en Sasha van Zyl (Grootbos Private Nature Reserve)

Chris Thomson (Waterford Estate), Vida Basson (Delaire Graff Estate), Conrad Meyer (Leeu Collection) en Roger Boonzaaier (Leeu Collection)