Bonnievale se wyn verras Franse

BONNIEVALE WYNE TRIOMFEER BY FRANSE KAMPIOENSKAP

Bonnievale, teen die heuwels van die Breëriviervallei, is reeds bekend vir sy wingerdboukundiges se passie en die uitstekende kwaliteit wat die wingerde lewer. Diegene wat reeds hierdie juweel ontdek het, kan hiervan getuig. En weereens is die wynkelder uitgesonder vir hierdie toewyding in ‘n gerespekteerde Franse kampioenskap.

Gilbert & Gaillard toekennings

Dis beduidend dat die toppresteerders  in die Gilbert & Gaillard toekennings deur twee wyne beklee word, wat met hul vrystelling Bonnievale se mondigwording bevestig het: die Bonnievale Limited Release Chardonnay 2019, wat ’n goue medalje ingepalm het; en die Bonnievale Limited Release Cabernet Sauvignon 2017, wat ’n allemintige 91/100 punte behaal het.

Al die wyne is blind deur Gilbert & Gaillard geproe – met ander woorde, die paneel het nie die produsent se naam gesien nie.

Beoordelaars terugvoering

Die paneel het die Cabernet Sauvignon geure beskryf as rooivrug, swart- en braambessie met effense spesery ondertone. “’n Medium tot volronde wyn met ‘n boeiende smaak en talmende suur,” lui die proeverslag. “Met ‘n blywende einde, greinerige tanniene en baie vrug kan die wyn dadelik geniet word of verouder vir ‘n paar jaar.”

Vir die Chardonnay het die proeërs aromas van ryp peer en sitrus identifiseer. “’n Romerige en ryk wyn met baie sekondêre geure van marmelade, gedroogte vrugte en ’n vars en vruggedrewe afronding. Die suur is lewendig. ’n Wonderlike voorbeeld van die streek. Drink nou, maar sal baie goed verouder.”

Wynmaker terugvoering oor dié gesogde toekennings

Hierdie kommentaar word deur Marthinus Rademeyer, Bonnievale Wyne se hoof-wynmaker en produksiebestuurder, verwelkom. Van meet af was die fokus op top-presterende wingerdblokke en dat dit in die wyne weerspieël moet word. “Die wyne moes spreek van die sorg wat geneem is om die wingerde te koester en die aromas, geure en tekstuur van die vrugte van die wingerd tot die bottel te behou,” sê hy.

Wynmaakproses

Chardonnay is lank reeds die ster in die Bonnievale-portefeulje. Die Limited Release 2019 is vir sewe maande in Franse eikehoutvate verouder. Dit kan met eend, vark of ’n bord verouderde kaas geniet word.

Oorsprong

Die wynkelder lê aan die buitewyke van Bonnievale, sowat 200km oos van Kaapstad en het ’n besoekersentrum wat die volledige reeks vertoon.

Waar om die wyne te koop

Die wyne wat hier gemaak word, is landswyd verkrygbaar en kan van Bonnievale wynkelder se aanlyn-winkel by www.bonnievalewines.co.za bestel word.

Die Limited Release Cabernet Sauvignon 2017 verkoop teen R140/bottel was so ‘n goeie verkoper, dat baie min kiste nog beskikbaar is. Die Limited Release Chardonnay 2019 kos R95/bottel. Tans bied die aanlyn-winkel die wyne teen afslag-pryse en aflewerings regoor SA vorder fluks. Gratis aflewering geld op bestellings van meer as R1 500.