Kom leer meer oor sauvignon blanc

Verbeter jou kennis met Sauvignon Blanc SA se November tegniese vlogs

Sauvignon Blanc SA bied in November ‘n reeks tegniese vlogs (videoblogs) deur kundiges aan. Die vereniging het besluit om vlogs by hul gewilde maandelikse tegniese blogs te voeg om vanjaar se tegniese seminaar te vervang.

Enigiemand wat belangstel in tegniese kennis, kan meer leer deur hierdie vier insiggewende vlogs deur kundiges op verskillende gebiede te kyk:

  • Op Maandag 23 November sal dr Jeanne Brand van die departement wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch ‘n dinamiese sensoriese tegniek verduidelik wat gebruik kan word om premium en ultra-premium sauvignon blanc-wyne te onderskei.
  • Op Dinsdag 24 November sal Lida Malandra, hoofbestuurder van Enartis SA, inligting deel oor die revolusionêre produk van Enartis, Nutriferm X, wat krag tot die produksie van tiole byvoeg.
  • Op Woensdag 25 November sal Matija Lescović, PhD-kandidaat in Wynkunde aan die departement wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, aanbevelings deel uit ‘n onlangse studie oor toevoeging van koper om slegte reuke te verwyder.
  • Op Donderdag 26 November sal dr Carien Coetzee van Basic Wine and Sauvignon Blanc SA die Sauvignon Blanc SA Top 10-wyne vir 2020 bespreek en ‘n oorsig gee van die kernelemente (wynbou, wynmaak, chemiese en sensoriese) wat hierdie bekroonde wyne geskep het.

Die vier vlogs begin daagliks om 10:00 op die Sauvignon Blanc SA-webwerf by www.sauvignonblanc.com/technical en sal daarna ook gratis besigtig kan word. ‘n Tegniese boekie van 40 bladsye, ontwikkel in samewerking met Winetech, sal ook aanlyn beskikbaar wees.

Vir meer inligting of om ‘n lid te word, stuur ‘n e-pos na info@sauvignonblanc.com of skakel 021 975 4440. Sluit aan by die aanlyn gesprek oor #SauvignonBlancSA en volg Sauvignon Blanc SA op Twitter @SauvignonSA en op Facebook en Instagram as @sauvignonblancsa.

Dr Carien Coetzee van Basic Wine en Sauvignon Blanc SA gaan die Sauvignon Blanc SA Top 10-wyne vir 2020 bespreek.

Dr Jeanne Brand van die departement wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Lida Malandra, hoofbestuurder van Enartis SA.

Matija Lescović, PhD-kandidaat in wynkunde aan die departement wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch.