Leer meer oor alkoholvrye-wynmark

Wynmakers kan meer oor geen- en lae-alkohol leer by 2023 Sauvignon Blanc SA tegniese seminaar

Wynmakers kan die nuutste leer oor die groeiende geen- en lae-alkohol-wynmark by die Sauvignon Blanc Suid-Afrika Tegniese Seminaar, wat op Woensdag 22 November 2023 by Allée Bleue in Franschhoek gehou word.

Kenners van Suid-Afrika en Italië sal plaaslike en internasionale bedryfsinsigte deel. Die program, wat in samewerking met die platinumvennoot EVER Solutions en die Top 10-titelvennoot FNB aangebied word, sluit die volgende in:

  • RJ Botha, Voorsitter van Sauvignon Blanc SA, sal praat oor die vereniging se werksaamhede, voorafgegaan deur die Algemene Jaarvergadering
  • Emanuele Bartolucci, uitvoerbestuurder van EVER srl, Italië, sal stabiliseringsoplossings bespreek, asook die balansering van laer-alkoholwyne
  • Paolo Capra, kommersiële direkteur van EVER srl, Italië, sal die gebruik van fumaarsuur in wynmaak verduidelik
  • Dr. Carien Coetzee van Basic Wine sal opsies vir die produksie van lae-alkoholwyne bespreek
  • Gustav Fouché, Besturende Direkteur van BevZero in Suid-Afrika, sal alkoholbelasting sowel as de-alkoholisering-grondbeginsels en -tegnologie verduidelik, en
  • Daar sal twee wynproeë wees, wat sal fokus op fumaarsuur en laer alkohol, asook ‘n informele proe van die 2023 FNB Sauvignon Blanc SA Top 20-finaliste.

Volgens RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA, hou hierdie jaarlikse seminaar wynmakers op hoogte van internasionale neigings en tegnieke en moedig dit hulle aan om nuwe dinge te probeer.

“Die geen- en lae-alkoholmark groei steeds regoor die wêreld, met verbruikerstendense, regeringsvereistes en tegnologiese vooruitgang as dryfvere,” sê Botha. “Vanjaar bied ons ‘n laer-alkohol-werkswinkel aan om ons lede te help om hindernisse in hierdie mark soos smaak, prys, verpakkingsformaat en beskikbaarheid suksesvol te oorkom.”

Voorafregistrasie by https://sauvignonblanc.com/technical/ is noodsaaklik (teen Vrydag 17 November 2023). Die registrasiefooi is R1 000.00 vir lede en R1 200.00 vir nie-lede (tee/koffie, middagete en wynproeë ingesluit). Die program begin om 07:40 vir 08:15 en eindig om 14:00 by Allée Bleue in Simondium naby Franschhoek.

Vir meer inligting of om as lid by Sauvignon Blanc SA aan te sluit, stuur ‘n e-pos na reinette@sauvignonblanc.com of skakel 082 808 1114. Sluit aan by die gesprek oor #SauvignonBlancSA en volg Sauvignon Blanc SA op X @SauvignonSA en op Facebook, LinkedIn en Instagram as @sauvignonblancsa.

Wynmakers kan die nuutste leer oor die groeiende geen- en lae-alkoholwynmark by die 2023 Sauvignon Blanc SA Tegniese Seminaar met kundiges van Suid-Afrika en Italië wat plaaslike en internasionale insigte deel: Links bo is dr Carien Coetzee van Basic Wine, regs bo Gustav Fouché, besturende direkteur van BevZero in Suid-Afrika, links onder Emanuele Bartolucci, uitvoerbestuurder van EVER srl, Italië, en regs onder Paolo Capra, kommersiële direkteur van EVER srl, Italië.

Wynmakers kan die nuutste leer oor die groeiende geen- en lae-alkoholwynmark by die 2023 Sauvignon Blanc SA Tegniese Seminaar met kundiges van Suid-Afrika en Italië wat plaaslike en internasionale insigte deel: Links bo is dr Carien Coetzee van Basic Wine, regs bo Gustav Fouché, besturende direkteur van BevZero in Suid-Afrika, links onder Emanuele Bartolucci, uitvoerbestuurder van EVER srl, Italië, en regs onder Paolo Capra, kommersiële direkteur van EVER srl, Italië.