Paserene – trekvoël van anderste vere

Eerste oesjaar van Paserene se broeiende Syrah sal jou die winter bekoor

Paserene, die boetiek Franschhoek-wynkelder, se eerste vrystelling van Dark – ’n volronde Syrah 2018 in sy Elements-reeks – is ’n uitstekende ambassadeur vir die wynmaker se strewe na elegante en egte uitdrukking.

Hierdie Syrah is gemaak van ’n kombinasie druiwe wat in kleigrond in Tulbagh en sandgrond in Franschhoek gekweek is en spog met skeutjies speseryagtige melasse, kersies en antieke leer. Hierdie twee bekende wynstreke, én met wingerde in Elgin, is die skilderbord waaruit Martin Smith, ’n derde generasie wynmaker en Paserene mede-eienaar, inspirasie vir sy skeppings put.

Martin Smith, ’n derde generasie wynmaker en Paserene mede-eienaar.

Hieruit kom die wynmakery se twee reekse: die luukse Paserene en die wilder kind, Elements.

Elements eggo die gees van vryheid van die wynkelder self. Die woord “paserene” is uit Latyns afgelei en sinspeel op trekvoëls, soos die swaeltjie op sy etikette. Die voëls bring die meeste van hul leeftyd in vlug deur.

“Die vryheid van hierdie konstante reisigers inspireer ons eie strewe – onbelemmerd – na volkome uitdrukking. Dit is wat ons deur ons wyne wil deel – hierdie gevoel van vryheid,” sê Martin.

Die verpakking van Dark, sowel as die volledige reeks, kommunikeer hierdie strewe. ’n Kinderswaai wat op die etiket uitgebeeld word, geskep deur die gerekende kunstenaar Carmen Ziervogel, suggereer ’n gelukkige, onskuldige ruimte. Dit is die wyn se uitnodiging aan die verbruiker, om ’n reis na binne te onderneem en elke oomblik in ’n slukkie te talm en te geniet.

“Ons wyne is vir ons baie kosbaar,” voeg Martin by. “Dit bring ’n verantwoordelikheid en ’n ernstige verbintenis met die wynliefhebber. Vir Elements ontgin ons die wyn tot in sy kern, terwyl ons pret daarmee het.”

Die naam van die reeks weerspieël nie net die drie wyngebiede, Tulbagh, Franschhoek en Elgin nie, maar die vrugtekarakter wat elkeen bied.

Pasrene Dark is is syrah met ‘n ryk verskeidenhied subtiele geure.

Elgin is die koelste, met sy grond van Bokkeveld-skalie. Die klimaat is die beste vir aromatiese druiwe, wat hulle toelaat om helder suur te behou.

Franschhoek is meer gematig en dus ideaal om brose, elegante wyne te kweek. Bergskaduwees demp enige hitte, wat kompleksiteit in die wyn meebring.

Tulbagh in die Breederiviervallei, is die warmer een van dié drietal. Koel aande en ontbinde skaliegrond is ook bepalende invloede. In hierdie omgewing ontwikkel druiwe diep geure, terwyl hulle suur behou. Wyne is dus meer fors en kragtiger.

Met hierdie DNS, het Elements Dark 2018 ontstaan as ’n diep en volronde wyn, wat klassieke variëteit-eienskappe toon. Benewens die voorheen genoemde aromas en geure, is daar swartbessie en kola teen ’n spesery-agtergrond. Speserye weerklink ook op die tong, saam met ryk note van gedroogde pruime en drop. Dit het ’n lang en bevredigende nasmaak.

Die wyn het die voordeel van tyd gehad om in die bottel te ontwikkel en die 2018-oesjaar wys beslis wat van hierdie oesjaar verwag kan word. Dit is ‘n geleentheidswyn, verruklik op sy eie óf as pasmaat vir keurige trooskos soos ryk bredies en braaigeregte. Dis die perfekte teugie vir winterwyn-genot.

Dit sluit by ander lede van die Elements-reeks aan:

  • Rosie, ’n pienk en heerlike droë rosé
  • Emerald, ’n vars sitrusbelaaide Sauvignon blanc
  • Bright, ’n toeganklike, tropiese Chardonnay en
  • Midnight, ’n elegante Cabernet Sauvignon wat 93 punte behaal het en in die Prescient Top 10 Cabernet Sauvignon Report vir 2021 opgeneem is.

Die Ashton-boorling, Martin Smith, het voor Paserene ondervinding opgedoen by Vriesenhof-wingerde, Cosentino Winery in Kalifornië se Napa-vallei, Caldwell Winery en Newton Winery in Saint Helena, CA, en Vilafonte.

Hy het kort daarna ’n lewenslange droom verwesenlik deur saam met die Johannesburgse sakeman, Ndabe Mareda, die grond te bekom wat Paserene sou word en Paserene se eerste oesjaar in 2013 te maak.

Die plaas se proe-sitkamer, The Paserene Nest, is in ‘n rustige, natuurlike omgewing geleë, en het vyf jaar later geopen, met sy keurige ontwerp, deur swaeltjies geïnspireer. Die  sonnige terras kyk uit oor ‘n idilliese dam op die plaas en bring stilweg hulde aan die swaeltjie se gewoonte om oor water te swiep.

Elke kuier by die kontemporêre proe-sitkamer word versterk deur weelderige wynproeë en smullekker fynproewersborde, wat op poskaart-mooie wingerd- en berg-uitsigte bedien word.

The Paserene Nest is van Maandag tot Sondag van 10:00 tot 17:00, oop. Besprekings kan aanlyn via die webwerf gedoen word.

Paserene is minder as 50 minute buite Kaapstad, op die R45 by die ingang na  Franschhoek.

Die kontemporêre proe-sitkamer.

Die moderne proelokaal.

Indrukwenkende buite-aansig.

DIe Paserene Nest kyk uit op ‘n groot dam.