Perdeberg se premium pinotages vier Pinotagedag
Suid-Afrikaners regoor die land het, as pioniers van pinotage, op Saterdag 8 Oktober hierdie geliefde variëteit geniet, toe nasionale pinotagedag gevier is.
Perdeberg Kelder, wat aan die voetheuwels van die Paardeberg lê, is die tuiste van sommige van Suid-Afrika se bekroonde wyne, wat hul eersteklas reeks pinotages insluit. Hieronder is die Classic Collection Pinotage 2021, The Vineyard Collection Pinotage 2021, The Dry Land Collection Resolve Pinotage 2019 en die Endura Winemaker’s Selection Cape Blend 2018.
Die Classic Collection Pinotage 2021 is een van talle wynliefhebbers se gunstelinge en vorm deel van ’n reeks wat in ’n elegante, dog vrugtige nuwe wêreld-styl gemaak word. Dis heerlik op sy eie óf met kos. Die pinotage wat as “bekoorlik” beskryf word, vertoon aromas van donker pruim, swartbessie en subtiele speserye. Op die tong bied dit elegante tanniene, ryp donker vrugte en sweempies vanielje, met ’n talmende, vrugtige nasmaak. Dis ’n diverse wyn wat by die meeste kosse pas, maar werk perfek met tamatie-basis geregte, sowel as speseryagtige Portuguese- of Kaap-Maleise disse. Direk van die proelokaal beskikbaar teen R65 per bottel.
The Vineyard Collection-reeks is ideaal vir die avontuurlustige wyndrinker en is uit spesifieke wingerde gekies; elkeen met sy eie unieke karakter vir die spesifieke kultivar en terroir en in ’n elegante nuwe wêreld-styl gemaak. Die 2021-pinotage het subtiele houtkontak gehad en bied aromas van pruimedante, kersies en ryp bessienote, met nuanses van vanielje-eik. Die smaak is volryp vrugte en ryk tanniene, wat tot ‘n talmende nasmaak lei. Geniet op sy eie of met ’n heerlike geskroeide tuna-steak, geroosted varkskouer, gebraaide lamsribs of selfs met ’n goed beleë kaas. Direk van die proelokaal beskikbaar teen R95 per bottel.
Moeder Natuur is nie altyd koesterend nie, maar dis dikwels onder hierdie uitdagende toestande, wat die mooiste vrugte gedy. Perdeberg se bekroonde The Dry Land Collection ultra-premium wyne is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Die druiwe kom uit wingerde wat geen besproeiing ontvang nie – bekend as droëland-wingerde en die versameling vertoon die uniekheid van wyne, wat in hierdie terroir gekweek word, deur eeue-oue tradisies te gebruik. The Dry Land Collection – wat voortbou op die Paarl-kelder se 80-jarige geskiedenis van voortreflike wynmaak – kies druiwe uit ouer wingerde en bosstokke, wat in die beste grond geplant is, waar hulle volhoubaar sal groei, met seisoenale reënval as hoofwaterbron.
Nog ‘n deel van hierdie indrukwekkende reeks is die Resolve Pinotage 2019. Dis ’n bekende feit dat pinotage-wingerde in droëland-toestande floreer, en hierdie wyn is ’n perfekte voorbeeld van wat ’n pinotage behoort te wees. Die wyn se donker kleur, sterk aromas en sappige struktuur, is bewys van hierdie tradisionele manier van druiweboerdery. Dis die ideale pasmaat vir ’n geskroeide tuna-steak, lam tikka masala of geglasuurde varkribbetjie. Die kelderprys van hierdie “moet-hê” wyn is R145 per bottel.
Die pinotage-portefeulje word afgerond met die Endura Winemaker’s Selection Cape Blend 2018, wat deel van die Iconic-reeks vorm. Perdeberg se super premium versameling – die Endura-wyne – word gemaak om die ware karakter van die variëteite te weerspieël, en sodoende die diversiteit en uniekheid van die terroir te vertoon. Die Endura Winemaker’s Selection Cape Blend 2018 is ’n versnit van Pinotage (69%), Cabernet Sauvignon (21%) en Malbec (10%). Die wyn het ’n fyn tannienstruktuur en intense kleur, met vruggedrewe geure, wat almal die belofte van indrukwekkende verouderingspotensiaal inhou. Hierdie wyn is ’n versamelaarsdroom teen R350 per bottel en is die perfekte pasmaat vir ryk geregte soos Kaap-Maleise kerrie, rooivleis en wildsvleis.
Hierdie wyne is direk van die proelokaal, aanlyn by Perdeberg se Aanlyn wynwinkel of uitgesoekte drankwinkels landwyd, beskikbaar.