Pienk vonkel-plesier vir maand van liefde

Geniet ‘pienk van somer’ in Februarie met Anthonij Rupert-wyne

Die maand van liefde is op ons, en omdat Februarie ook een van die jaar se warmste maande is, is dit die ideale geleentheid om die somerhitte te fnuik en te verfris met ’n heerlike glas rosé. En Anthonij Rupert Wyne in die hart van die natuurskone Franschhoek-wynvallei het net die “medisyne” daarvoor, asook vir elke ander geleentheid.

Met sy ligte oranje-koraal kleur terg die Protea Rosé 2022se delikate aromas van rooi nartjie en mandaryn, met so ’n titsel rooi bessie, die neus, terwyl die mond ’n heerlike varsheid met geurige mandarynsappigheid en geure van nektarien en lemoenskil ervaar wat deur ’n lewendige droogheid gebalanseer word. Die wyn is lig en vol lewe en eindig op ’n droë noot. Dit is die ideale somerwyn en werk puik met geskroeide salm, jou gunsteling California roll of ’n vars aarbeislaai met ’n balsamieksous. Hierbenewens laat die kenmerkende bottelontwerp toe vir hergebruik en herwinning wat die produk se lewensiklus verleng en help met omgewingsbewaring. Dit is direk by die proelokaal beskikbaar teen R82 per bottel of by uitgesoekte handelaars landwyd.

Of jy daai spesiale iemand gaan bederf met ’n kerslig-aandete of piekniek teen sonsondergang, die L‘Ormarins Brut Rosé 2017 met sy delikate salmkleur is sonder twyfel die ideale Valentynsdagmetgesel.

Hierdie elegante en statige Cap Classique is ’n versnit van 55% pinot noir en 45% chardonnay wat ’n stroom fyn borreltjies met aromas van sitrusskil – nartjie en rooi nartjie – vrylaat. Dit word ondersteun deur aromas van roosterbrood en rooi kersies met ’n soutige, maritieme nuanse. ’n Ryk, afgeronde en vol mondgevoel met brioche, gis en gebakte beskuit word perfek gebalanseer deur die lewendige geure van rooi nartjies en sappige rooi kersies. ’n Heerlike, talmende nasmaak dui op sowel die puik oesjaar as die tyd deurgebring op die moer tydens die tweede gisting.

Met Cap Classique wat al hoe gewilder raak as ’n drankie om enige tyd, enige plek en vir enige geleentheid geniet te word, word aanbeveel dat die L’Ormarins Brut Rosé 2017 op sy beste is wanneer dit verkil bedien word. Verder is dit die ideale pasmaat vir tuna sashimi of rainbow rolls, slaai met eend en granaat, gerookte wildsvleis-carpaccio en oondgebraaide garnale met lemmetjie en koljander. Dis ook beskikbaar by die proelokaal teen R190 per bottel, asook landwyd by uitgesoekte spesialis-wynwinkels.