VONKEL OP ‘VRYERSDAG’

Sit vonkel in Valentynsdag met Cap Classique van Perdeberg Wines

Bederf daai spesiale mens in jou lewe op Valentynsdag met ’n bottel Cap Classique wat net so spesiaal is soos jul liefde, The Vineyard Collection Cap Classique Chenin Blanc 2020 of The Vineyard Collection Cap Classique Pinot Noir Rosé 2019 van Perdeberg Wines. Eersgenoemde is van druiwe uit ou wingerde gemaak, maar albei is uit die wynmakery se premie portefeulje en sal die geleentheid in ’n sprokie verander.

Perdeberg word beskou as die tuiste van chenin blanc™, en slegs die heel beste druiwe uit bosstokwingerde in die Agter-Paarl is gebruik om The Vineyard Collection Cap Classique Chenin Blanc 2020 te maak. Hierdie wingerde is reeds in 1977 aangeplant.

Hierdie Cap Classique is groen in kleur en bied aromas van groen peer, Granny Smith-appels, lemmetjie en pomelo in die neus. Hierdie geure dra oor na die mond waar ’n vars mineraliteit by hulle aansluit, en die vonkelwyn eindig met ’n beskuitsmaak.

Pragtig in pienk is wat onmiddellik by mens opduik wanneer die pragtige The Vineyard Collection Cap Classique Pinot Noir Rosé 2019 gade geslaan word. Somer in ’n glas is waarskynlik die beste beskrywing van die aromas van aarbeie, waatlemoen, kersies en lekkers in die neus wat in die mond voortduur met ’n heerlike lewendigheid. Hierdie sjampanje is ryk en goed gedefinieerd, en oor tyd sal sy kompleksiteit toeneem en die geure van beskuit en vars deeg versterk.

En wat beter manier is daar om Valentynsdag op te kikker as om oesters op te dis met albei hierdie Cap Classiques want hulle sal hierdie delikate lekkerny tot sy volle reg bring. Albei vonkelwyne is ook die ideale pasmaats vir seekosgeregte.

Perdeberg se The Vineyard Collection Cap Classique Chenin Blanc 2020 en The Vineyard Collection Cap Classique Pinot Noir Rosé 2019 is by die proelokaal beskikbaar teen slegs R140 per bottel.